Miljoene ingesamel vir Solidariteit se noodfonds

Meer as R2 miljoen is reeds vir die Noodfonds ingesamel.

Die Solidariteit Beweging se noodfonds wat gestig is om hoofsaaklik kinders en bejaardes met noodvoeding te help, het reeds meer as R2 miljoen ingesamel. Dit volg na afloop van Solidariteit se aanlyn Helpmekaar-dag Dinsdag ten bate van dié noodfonds.

Teen Dinsdag om 17:00 het dié fonds op R 2 035 600 gestaan.

Francois Redelinghuys, woordvoerder van die Solidariteit Beweging, het gesê die doel van die Helpmekaar-dag was om ’n reuse-helpmekaarpoging van stapel te stuur deur die krag van die gemeenskap in te span om mense in maatskaplike nood te help, om sakeondernemings te ondersteun en om kinders te help sodat hulle steeds kan skoolgaan in hierdie onsekere tye.

Die Solidariteit Beleggingsmaatskappy het R250 000 tot die fonds bygedra terwyl Sakeliga ʼn skenking van R100 000 aan die fonds gedoen het. Die Virseker Trust het R1 miljoen geskenk.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het vroeër gesê die organisasie is baie bekommerd oor die maatskaplike krisis wat weens die Covid-19-pandemie gaan ontstaan. Hy meen dat veral ouer mense en kinders die swaarste getref word, terwyl talle mense se inkomste boonop oornag verminder het.

Intussen het Helpende Hand landswyd skenkingspunte, die sogenaamde Josef-silo’s, vir niebederfbare kos, bepaal. Duisende mense en spesifiek kinders wat voorheen hulp uit Helpende Hand se voedingsprojek gekry het, sal hierby baat. Hierdie hulp word deur Helpende Hand se landswye netwerk van kantore en takke verleen.

Teen Dinsdagmiddag is R712 130 vir die Josef-silo’s-inisiatief ingesamel.

Maroela Media het vroeër berig die noodfonds moet ook Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS) bystaan om te sorg dat leerders op Wolkskool, die SOS se e-leerstelsel, voortgesette onderrig tydens die Covid-19-krisis kry.

Lede van die publiek word aangemoedig om skenkings te maak deur ʼn kort video of foto van hulself op hul Facebook-blad, Instagram en op die openbare gebeurtenis #HelpMekaarDag te plaas met die webadres en die hutsmerke #krisisfonds #hiervirjou #helpmekaardag #solidariteitbeweging. Hulle moet ook ʼn Facebook-vriend wat moontlik sal wil skenk in die plasing byvoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Amatambo ·

My vraag sal seker ietwat kritiek/kommentaar uitlok, maar word enige van daardie hulp aan BLANKES in PLAKKERSKAMPE verleen? Dis ‘n bekende feit dat hierdie regering absoluut GEEN hulp aan blankes verleen wat hulle deur omstandighede – baie buite hulle beheer – in hierdie kampe bevind. Ek vra maar net…

Phillip ·

Solidariteit en Helpende Hand is nie die regering nie. Hulle is juis daar om na die minderheid, Afrikaners, om te sien.

Michael 1 ·

Dit is eintlik vanselfsprekend,gesien dat die DA nie betrokke is nie.

Rodger17 ·

Jy is 100% reg Amatambo blankes is net belastingbetalers met n houdings probleem vir regering!Hoop Solidariteit sien die armoede en swaarkry van blankes ook in

Kobus ·

Om aan te sluit by Amatambo.Waarom moet die privaatsektor altyd inspring en hulp verleemn in tye soos die? Dieselfde sektor betaal belasting dat dit bars en die staat melk almal waar hulle kan.Die ministers leef te lekker,kry voorkeur behandeling en ons op voetsool vlak moet heeltyd help. Sal ook wil sien hoe/of die blanke plakkerskampe ondersteun word

Michael 1 ·

Ek is verstom, mense kan saamstaan kan julle dink wat vermag kan word in n onafhanklike land sonder rassediskriminasie en n onbevoegde regering.

Hitler ·

My bydrae is Glad Nie bedoel vir enige korrupte kommunis of enige verwante assosiasies nie – Nooit nie. Dis uitsluitlik bedoel vir alle Wit Benadeelde gemeenskappe en versoek dat hulp verspreiding ook so sal geskied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.