Miljoene ingesamel vir UJ-veldtog

Argieffoto van die Universiteit van Johannesburg

Argieffoto van die Universiteit van Johannesburg

Meer as R30 miljoen is reeds ingesamel vir die Universiteit van Johannesburg (UJ) se sogenaamde “missing middle”-geldinsamelingsveldtog.

Die universiteit het dié week die veldtog van stapel gestuur. Dit behels die insameling van geld vir “studente wat ‘te ryk’ is om kwalifiseer vir die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) maar ‘te arm’ is om universiteitsgeld te bekostig of die kwalifiseer vir lenings”.

Die veldtog poog om minstens R60 miljoen in te samel teen die einde van die jaar. Tydens ʼn byeenkoms wat Donderdagaand in Johannesburg gehou is, is nagenoeg R10 miljoen ingesamel. Teen Sondagoggend is daar nagenoeg R31 miljoen ingesamel, insluitend ʼn persoonlike donasie van R200 000 van prof. Ihron Rensburg, visekanselier van UJ, en R100 000 van die universiteit se studente-adviesraad.

Die uitvoerende dekane van die universiteit se onderskeie fakulteite het ook onderneem om gesamentlik R550 000 tot die fonds by te dra. Nagenoeg 5 000 studente by UJ is deel van sogenaamde “missing middle”. Die veldtog het ten doel om dié studente se klasgeld vir die jaar te dek. Die gemiddelde koste vir ʼn jaar se studie by UJ beloop sowat R85 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Riaan ·

Uitstekende voorbeeld van die helpemekaar-beginsel! Werk saam vir ń beter toekoms instede om af te breek, te #demandthisandthat, geweld te pleeg en onmin en twis te propageer.

Rupert Ashford ·

Klink na ‘n fantastiese inisiatief. Watter kriteria bepaal wanneer ‘n student deel is van die “missing middle”?

Francois ·

As die voormalige RAU dit kan doen, kan Akademia dit sekerlik ook doen, maar gelukkig sonder die risiko dat die begunstigdes van só ‘n fondsinsameling later vorendag sal kom met belaglike eise soos die ‘dekolonialisering’ van kampusse, klasgelde wat moet val, onderrigtale wat afgeskaf moet word, en so meer.

jaco ·

al val daar ook geld uit die hemel vir alle hulpbehoewende studente, wonder ek steeds of hulle almal werk gaan kry met al hulle wonderlike grade. die hoeveelheid mense wat die arbeidsmark betree elke jaar is baie meer as die hoeveelheid werk wat elke jaar beskikbaar is. Die gevoldg is gegradueerdes wat werkloos is. My universtiteitskwalifikasie het ‘n las vir my geword. Behalwe die affirmative action rede waarom ek nie kon werk kry nie, is daar ook vitr my gese eks “over-qualified” of “wrongy qualified”. Wat ek ook baie moes hoor was “due to your qualifications you wil quickly become bored when working for us”. Toe haal ek die universiteitskwalifikasie van my CV af. En toe kry ek werk met nogal goeie salaris ook.

hans ·

Mooi inisiatief,maar wil graag weet of die 3 minderheidsgroepe ook voordeel gaan trek?

pop ·

Ek kan net raai wie skenk die geld en dan se ek sommer reguit dat net swart studente die kans gegun gaan word. Skenk liewer geld aan solidariteit sodat hulle nog privaat universiteite kan bou vir ons mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.