Miljoene om skole te bou nié bestee

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die Gautengse departement van onderwys het wéér versuim om sy jaarlikse begroting vir infrastruktuurontwikkeling te bestee met slegs ʼn kwart (24%) van die begroting wat tot op hede aan skoolinfrastruktuur in die provinsie bestee is. Dit terwyl duisende leerders jaarliks sukkel om in Gautengse skole plek te kry.

Khume Ramulifho, DA-woordvoerder van onderwys in Gauteng, het Dinsdag in ’n verklaring gesê die departement se tweede kwartaallikse verslag vir die 2019-’20-boekjaar toon aan dat ’n infrastruktuurbegroting van meer as R1,9 miljard jaarliks aan die departement toegeken word.

Meer as R974 miljoen van dié begroting moes reeds teen dié tyd bestee gewees het. Tot dusver is daar egter nog net R476 miljoen bestee.

Dít te midde van ’n grootskaalse tekort aan skole in die provinsie met duisende leerders wat nog vir die 2020-skooljaar geplaas moet word, terwyl ander skole weer dringend opknappingswerk aan hul infrastruktuur benodig.

Volgens Ramulifho het die departement in die afgelope boekjaar slegs een nuwe skool in Gauteng voltooi, vergeleke met die ses skole wat veronderstel is om elke jaar voltooi te word.

Panyaza Lesufi (naasregs), Gautengse LUR vir onderwys, praat oor die plasing van leerders in gr. 1 en 8 vir die 2019-skooljaar. Foto: ANA

Daar is ook die afgelope jaar slegs 42 klaskamers gebou in vergeleke met die departement se teiken van 175 klaskamers per jaar. Slegs vyf spesialiskamers is by skole in die provinsie gebou nadat die departement beoog het om 30 van dié kamers te bou en net vyf voorskoolse klaskamers is opgerig. Dit is minder as ʼn tiende van die teiken van 60 klaskamers.

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat die departement aanhoudend onderbestee met betrekking tot sy infrastruktuurbegroting, maar tog is die skoolinfrastruktuur aan die agteruitgegaan, verouderd en is klaskamers oorvol,” sê Ramulifho. Vier leerders is dood en 29 beseer toe ʼn loopbrug vroeër vanjaar by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark ineengestort het weens gebrekkige instandhouding.

Maroela Media het ook vroeër berig 34 000 leerders is aan die begin van vandeesmaand steeds nie in skole in die provinsie geplaas nie, met 391 Gautengse skole wat teen dié tyd reeds hul kapasiteit bereik het.

Jaco Deacon, die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) se uitvoerende hoof, het in reaksie hierop gesê dat meer skole gebou moet word, en op die plekke waar mense woon en werk. “Ons het nodig om te verstaan dat demografiese verandering nie in alle gevalle sonder digtheidsverandering plaasvind nie. Skole word gedruk om ekstra klasse te aanvaar, maar die skool is reeds vol.

“Dit is daarom onverstaanbaar om te verneem dat Gauteng onbenutte geld aan die nasionale onderwysdepartement moet terugbetaal.

Die DA het reeds voorheen ’n beroep op die departement gedoen om alle asbesskole te vervang, alle ablusiefasiliteite te herstel en skole se infrastruktuur in stand te hou.

‘n Klaskamer by Laerskool Wonderboom-Suid in Pretoria (Foto verskaf)

Skole soos Laerskool Wonderboom-Suid in Pretoria was nie geskik om op 1 Oktober vanjaar vir die vierde kwartaal te heropen nie aangesien kragdrade uit die skool se plafon gehang en oop kragbokse ʼn veiligheidsrisiko vir leerders ingehou het.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het destyds gesê die skool se sukkelende infrastruktuur is reeds verlede jaar onder die Gautengse departement van onderwys (GDO) se aandag gebring waarna verteenwoordigers van die departement die skool besoek en die erns van die probleem beaam het. Daar is egter geen veranderinge by die skool aangebring nie.

Kontrakteurwerk aan die Prinshof-skool vir swaksiendes en blindes in die Pretoriase middestad is ook nog nie voltooi nie. Kontrakteurs is in 2014 deur die provinsiale departement van infrastruktuur aangestel om dié skool “van hoek tot baken” oor te doen. Dié werk is sowat vyf en ʼn half jaar later steeds nie voltooi nie.

“Die feit dat die departement deurgaans onderbestee op sy infrastruktuurbegroting dui duidelik daarop dat hy nie in staat is om voldoende skoolinfrastruktuur in hierdie provinsie te lewer nie,” sê Ramulifho.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Willie ·

Lesufi jaag te veel rassisme na, as om iets te doen… Ondersoek die sogenaamde tenders ook maar…

Ian ·

Dit help ook nie om skole te bou as daar nie genoeg gekwalifiseerde onderwysers is nie.

Danie ·

Lesufi vertraag die bou van nuwe skole doelbewus om sy verskuilde agenda van druk op presterende skole om net meer en meer leerders op te neem, te regverdig……duidelike rasgebaseerde politieke bymotiewe.

leser ·

en dis weereens lesufi se swak beplanning wat dit meebring, maar nee, afrikaans as taal is mos meer van belang
wanneer gaan daar met hom ‘n plan gemaak word, hy is ‘n verleentheid

Feite ·

Onderspandering is verstaanbaar deel van n strategie om bestaande skole te laat oorloop sodat afrikaansmediumskole geen keuse moet he as om ander kinders met engels ook te akkommodeer. Tweedens gaan ondergespandeerde fondse terug staatskas toe en kan die tesourie dit in die volgende finansiele jaar aan SAA en Eskom toeken. Die feit dat die DA en VF dit nie weet nie is onrusbarend!

potlood ·

Lezufi is net daar geplaas met die doel om afrikaans as onderrigtaal te vernietig en sy intense haat vir wit kinders uit te leef hoe word daar van dit verwag om nog sy werk ook te doen.

Ag regtig ·

Ja, nee Lesufi is te besig om rond te jaag en te kyk of daar nie dalk ‘n rassis iewers agter ‘n bos wegkruip nie. So lief vir die ‘limelight’ en op TV om die mond skuim, maar nie so lief vir verantwoordelikhede nie.

Grapgat ·

Daai 76% wat NOG nie gebruik is nie loop seker al ‘rente’!

Disselboom ·

…. en daarby gaan daar werksgeleenthede in die boubedryf verlore, en gewoon ekonomiese aktiwiteit wat nuttig en met beskikbare begroting kon plaasgevind het. Dis skreiend sleg wanneer begrotings beskikbaar is vir noodsaaklike infrastruktuur, maar dit word nie gebou nie.

Lee ·

ja nee dan wil hy Afrikaanse skole tot niet maak ipv ander te bou

Te Realisties ·

Plaas Lesufi skole bou, nou braak hy net gif teenoor wit mense. Hoop mense looi hom volg keer oor sy swak werk as hy weer met sy nonsens praaitjies begin. Kannie glo president het hom weer aangestel nie. Hy is maar eff in anc drag

SjN ·

Kom Lesufi, wat het jy te se, jy is so besig met politiekery dat jy nie aandag skenk aan dit wat saak maak nie.

jennefer ·

Verkondig dit wyd en syd, veral by jul werkers en die ongeletterdes wat dink hierdie regering gaan hul kinders ophef.

Dries Moolman ·

Dis omdat Lesufi heeldag op twitter LE, en rassisme soek waar dit nie bestaan nie, plaas dat hy eerder sy werk doen.

Danie T ·

Solidariteit kan u asb die kader mnr Lesufi ondersoek en kla hom aan van onbevoegdheid om sy werk te doen asook skandalige ondermyning van leerders se reg tot behoorlike fasiliteite en geleenthede om te studeer

James ·

Lesufi is te besig met afrikaans, en name verander en wit mense teister. Nou gaan hulle seker maar die geld vir bonusse aanwend.

Dell ·

Nou wil ek graag weet, VIR WAT sit Lufisi nog in sy pos! Hy is dan mos duidelik nie bevoeg om sy werk te doen nie. Dan onthou ek hoe hy paar jaar terug gese het hy hou die geld om die skole in die hof te beveg, wat nie na sy pype wil dans nie. ASSEBLIEF kry die man uit sy pos uit, want hy rig onherstelbare skade aan.

Nico ·

Daar is die bewys. Swart op wit.
Lesufi is net nog ‘n onbevoegte rasis wat net goed is met galbraak vir politieke punte en nie ‘n idee het wat regtig van hom verwag word nie.

Hy kan maar skree en ontken soos hy wil. hy is ‘n rasistiese onbevoegde politieke aanstelling, met weinig kennis en so min vaardighede dat hy nie eers ‘n brand in ‘n vuurhoudjie fabriek kan organiseer nie.

Boervrou ·

Hy kan van daai geld vat en ook klein plaas skooltjies bou,vir die kinders wat so ver van die dorp is en wat nie vervoer het dorp toe en terug huis toe nie.hier is so baie plaas kinders wat nog nooit in n skool was nie.

Stuiwer ·

Wat het Lesufi vir homself te sê. Jy hoor hom mos net wanneer dit oor rasaangeleenthede gaan.

Foxi ·

Hy praat te veel. Nuwe skole word nie gebou nie, omrede hy almal wil indruk by afrikaanse skole wat presteer. Dink hy almal het standerd ses gemaak? So onnosel is almal nie! Hy het n hengse probleem met Afrikaans en witmense. Wat wil hy bereik met sy arrogante houding. Wil hy nou vir almal wys wat HY kan doen?

ABC ·

My (swart) vriendin hou skool in die Doornkop gebied. Daar is een skool in die area wat ‘n magdom gesinne insluit. Sy het 79 kinders in haar klas. Die tekort aan skole is net so erg in ander gebiede.

Outoppie ·

Weereens ‘n bewys dat dit makliker is om af te breek as om op te bou.

Sarel ·

Panya was seker te besig op die pan ja… dis hoekom.
Word wakker en raak besig met oplossings

PJC ·

Lesufi is so besig om planne te bedink teen afrikaanse skole dat hy nie nog tyd het vir ander dinge nie.

Dan ·

Daai 4 leerders wat gesterf het in vereeniging,hulle ouers moet die staat dagvaar vir vergoeding met hierdie tiepe inligting,ander probleem,die staat betaal die regter,gaan jy wen??

Kobus ·

Wat van die Skoolgebou in Vanderbijlpark wat tsns deur vandale geplunder word?

Sarel ·

Die opskrif lees verkeerd. Dit kon gewees het..
Wanneer gaan die regeering optree teen Lur’e wat totaal wanpresteer.

Vetder: Die provinsiale regeering van Gauteng opvoeding, doen niks om die skole krissis op te los nie. Begroottings om skole te bou en uit te brei bly onaangetaak. Niks aan hierfie saak gedoen nie.

Alida ·

Dank Lesufi af hy is duidelik n doring in die vlees en n groot sirkus nar.

Gert R@Midstream ·

Lesufi verstaan nie Onderwys bestuur nie. Beeperkte middele, infrastruktuur en ondersteungsdienste, kan nie die skaal van gemiddeldes deur ‘n tregter voed nie. My ou “chomma” gebruik al die gehalte beskikbare kwaliteit mense en dienste / goedere. Dit sal nooit tot nadeel van enigiemand wees nie. Jy kan kom tee drink en my vrou se puik gabak geniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.