Miljoene opgedok vir geskorste staatsamptenare

(Argieffoto)

Suid-Afrikaanse belastingbetalers het die afgelope twee kwartale ʼn allemintige R83 miljoen betaal vir die salarisse van staatsamptenare wat weens skorsings ledig tuis bly. Die amptenare se tugverhore moet nog afgehandel word.

Michele Clarke, die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, sê ʼn verdoemende verslag van dié departement wys die koste van skorsing wat as voorsorgmaatreël gedoen is, beloop R22 miljoen by die nasionale departement en R61 miljoen in provinsies.

Die verslag is aan die parlementêre portefeuljekomitee voorgelê.

Dié koste sluit egter geen regskoste in nie. Dié koste styg dikwels beduidend omdat die betrokke werkers die hofverrigtinge onnodig vertraag. “Dit beteken die bedrag kan beduidend meer as R83 miljoen wees.

Die DA sê dit is ʼn blatante misbruik van belastinggeld en die party het die minister van staatsdiens en administrasie, Senzo Mchunu, gevra om in te gryp.

Die DA vra Mchunu om ʼn digitale stelsel in werking te stel wat kan boekhou van die inligting oor en vordering met die tugsake, asook om ʼn ouditmetodologie te ontwikkel sodat die sake vinniger afgehandel kan word.

Die voorgeskrewe tydperk waarin die sake afgehandel moet word, is 60 dae. Die redes hiervoor is:

  • Die departement voldoen nie aan gesamentlike bedingingsooreenkomste nie.
  • Inligting word per hand tussen departemente aangestuur en bestuurders verontagsaam dissiplinêre kodes en prosesse.
  • Die departement gebruik regsverteenwoordiging as ʼn reël, eerder as ʼn uitsondering wat lang vertragings en bykomende koste veroorsaak.

Clarke sê die minister van finansies, Tito Mboweni, het verlede maand in sy begrotingsrede gesê die staatsdiens se salarisrekening moet verminder word. “Tog sien ons deurlopend finansiële misbruik in die staatsdiens,” sê sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wondermaarnet ·

Ek wil sien hoe hierdie amptenare die geld terugbetaal wanneer hul skuldig bevind word en permanent die deur gewys word. Hulle sal medies behou en hul pensioen ontvang en vergeet van die vet salrisse en bonusse wat hulle gekry het.

Yolandie ·

Dis om van naar te word!!! Dit wil voorkom of daar geen erens by die regering is om die onnodige vermorsing te staak nie.

Elsa ·

Die wetgewing op Arbeidsverhouding bepaal n and tugverhoor moet binne n sekere tyd afgehandel word. 6 weke as ek reg onthou? And so die deler is net so skuldig as die steler.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.