Miljoene opgedok vir provinsiale rede in Vrystaat

(Argieffoto: Verskaf)

Die DA in die Vrystaat het ten sterkste beswaar gemaak teen die “verregaande” R5 miljoen wat opgedok word om 1 600 gaste tydens die provinsiale rede te ontvang.

Die provinsiale rede word vanjaar in Qwaqwa gehou.

Benewens dié uitgawe beloop die oortyd wat polisiebeamptes betaal moet word vir die geleentheid ʼn verdere R843 000, sê David van Vuuren, die DA se woordvoerder oor finansies in die Vrystaat en ʼn lid van die provinsiale wetgewer.

“Die wetgewer sal dit na verwagting betaal, hoewel daar geen diensvlakooreenkoms tussen die polisie en die wetgewer is nie. Enige betalings wat sonder ʼn getekende kontrak aan die polisie gedoen word, moet as onreëlmatig beskou en aan ondersoek onderwerp word.”

Die polisie se algehele begroting vir die lewering van beskermingsdienste beloop R3,67 miljard en hiervan word R1,97 miljard opsy gesit vir BBP-beskermingsdienste.

“Dit is onaanvaarbaar dat die Vrystaatse regering geld hiervoor moet betaal as die nasionale regering duidelik vir hierdie doel begroot het,” sê Van Vuuren.

“Die verarmde inwoners van die Vrystaat moet die ANC-regering tydens die verkiesing aanspreeklik hou vir die premier se duur selfverheerlikingreis na Qwaqwa.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GWS ·

Uitgawes soos dié van die ANC is verregaande! Waar gaan alles stop? As daar reeds niks oor is nie moet hulle net nog steeds melk en ons belastingbetalers moet maar net opdok vir hul uitspattigheid! So moeg daarvoor!!!

H.A. ·

En wat gaan gebeur? Die verarmde inwoners sal wragtig weer vir die anc gaan stem.

Ria ·

Hierdie mense het geen benul waar geld vandaan kom nie. Dis ‘n hopelose situasie

Karen ·

Almal behoort na 30 jaar te weet die ANC maak net beloftes en kom geen belofte na nie. Moenie kla as julle vir die ANC stem nie. Al die bewyse is daar dat hulle onbevoeg is om n land te bestuur.

Papsak ·

Ja en tog gaan stem hulle wragtig weervir dieanc maak oop julle oe stem reg waar gaan dit stop hulle kry net nie genoeg nie ry op belastingbetalers se rug !!!!!

minnie muis ·

so week of wat terug op radio 2000, finasiele gesprek, SARB het n reserwe rekening -forex. vir dekades al , en mag neet in noodgevalle gebruk word ……. anc wil nou dat hul die rekening moet oopmaak……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.