Miljoene opgedok vir siviele eise teen Gautengse polisie

Argieffoto (Foto: SAPD/Facebook)

Die polisie in Gauteng moes tydens die 2021-’22-boekjaar sowat R78 miljoen opdok vir uitbetalings in siviele eise. Hierdie eise spruit uit die polisie se onregmatige optrede of brutaliteit teenoor burgers.

Dit terwyl meer as 90% van Suid-Afrikaners onveilig voel wanneer die polisie hulle van die pad af trek en boonop onseker is of hulle die polisielede kan vertrou wat hulle voorgekeer het, aldus Action Society.

Op ʼn vraag van die VF Plus het die Gautengse LUR van gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, gesê dat die polisie tydens die betrokke boekjaar altesaam R3,7 miljard se eise ontvang het. Slegs R78 miljoen hiervan is egter uitbetaal.

Benewens die enorme bedrag wat belastingbetalers hiervoor moet opdok, meen Mazibuko dat geen dissiplinêre stappe teen enige van die betrokke polisielede gedoen is nie.

“Die polisie in Gauteng moet aanspreeklik gehou word vir die brutale en onregmatige optrede teenoor die publiek en kan nie belastinggeld gebruik om siviele eise uit te betaal nie,” sê Kobus Hoffman, VF Plus-lid van die Gautengse wetgewer.

“Ons dring daarop aan dat siviele sake ondersoek word en wanneer daar ʼn aanduiding is dat die polisie verantwoordelik was vir onregmatige optrede, moet die lid of lede dissiplinêr aangekla word.”

Action Society se jongste opname wat vertroue in die polisie peil het boonop ʼn donker prentjie van die stand van burgers se vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) geskets.

Terwyl altesaam 92% van die landsburgers wat tot dusver aan die opname deelgeneem het onveilig voel wanneer hulle deur polisielede voorgekeer word, het ʼn verdere 50% aangedui dat hulle al gevra is om omkoopgeld aan lede te betaal.

Die opname het ook getoon dat meer as 75% van polisielede nie eens hulself as beamptes identifiseer as hulle iemand van die pad af trek nie.

“Die polisie word as ʼn Trojaanse perd deur misdadigers gebruik wat enige vorm van vertroue wat burgers in die land se wetstoepassingsowerhede gehad het, neutraliseer,” sê Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid van Action Society.

“In ʼn tyd waarin misdadigers hulle as polisielede voordoen en kriminele polisielede onskuldige burgers terrorisser, beklemtoon hierdie statistieke die dringende behoefte aan polisiehervorming in Suid-Afrika.”

Talle misdadigers is die afgelope tyd vasgetrek wat hulself as lede van die SAPD of metro-polisie voorgedoen het. Meer onlangs is ʼn bende aangekeer wat ook hierdie taktiek gebruik het. Die bende was vermoedelik verantwoordelik vir motorkapings en gewapende rooftogte in Gauteng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Kensy ·

Met skuldig bevinding hoort die lede self die eise te betaal. Vat hulle pension.
Hulle doen dit want hulle voel geen nagevolge van hulle gedrag nie.
Waarom moet die werkgewer dit betaal??

Nie Verbaas ·

Baie mense het absoluut geen vertroue in die polisie nie en dit is nie regverdige teenoor hardwerkende eerlike lede nie.

Hennie ·

Dis wat gebeur as jy swartgalliges aanstel as polisie manne. Daarom dat God nie Satan aangestel het as vrederegter nie!

Perdeby ·

In die ou regering was die betrokke SAPD lid verantwoordelik vir die terugbetaling van hierdie eis, vandag word hulle nie eers oor die vingers getik nie. Die publiek moet begin om die betrokke SAPD lid persoonlik ooj te dagvaar, dan sal hulle gemors vinnig opgelos word.

Pierre ·

As mens die toestand van die opleiding sentrum in Pta sien, is ek nie verbaas oor die “kwaliteit” polisieman/vrou wat daar uitstap nie…

Kensy ·

As jy geen inbors het nie, gaan geen instansie (pragtig of verslons) dit verander nie.
Die teendeel is ook waar!

Misky ·

Mazikuko kry nie eens skaam om te erken die betrokke lede word nie vervolg word nie. Met die gevolg hulle keur die optrede goed en dit gaan nog erger raak. Hulle pluk nou self daai lat vir hulle gat!!!

Miena ·

“… 92% van die landsburgers … aan die opname deelgeneem het” – uhmm ekskuus my!! Wanneer en waar en hoe was die opname gedoen?

Ansie ·

Waarom stel die publiek nie ook siviele eise teen die polisielede persoonlik in nie? Hulle sal dalk lesse leer as daar aan hulle eie sakke gevat word.

Harley Davidson ·

Maak die weskaap ‘n onafhanklike land en begin ‘n nuwe polisie mag met goeie opleiding en disipline waar die minister en hoof as leerling konstabels begin het en met ondervinding en harde werk deur die range gekom het . Ten minste sal daar dan een land in Suider-Afrika wees met regte polisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.