Doeanebeamptes het Vrydagaand miljoene rand se kristalmetamfetamien by OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep.
“Beamptes het 25 kg ter waarde van R7,5 miljoen gevind,” het Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), gesê. “Die dwelms is gevind tydens ʼn inspeksie van ʼn vlug van Cotonou (Benin, Wes-Afrika). Alle bagasie, wat nie vergesel is nie, is deursoek en 25 plastieksakkies met ʼn wit middel daarin, is in een van die bagasiestukke gevind.”
Die middel is later positief uitgeken as kristalmetamfetamien.
Die smokkel van dwelms is nou al ‘n algemene voorkoms. Dit is kommerwekkend dat vondse daagliks gemaak word. Ek glo dat die wetstoepassers kan voorbly om hierdie gruwel dood te druk. Sterkte.
Gewetenlose smokkelaars. Polisie moet die persone wat die pakkie kom opeis inhegtenis neem. Hy of sy het dalk baie inligting, soos wie het dit versend.
Ag dis maar die enkeles wat hulle wel vang hehe
SA is nou ‘n geruime tyd al die goue middeweg vir dwelmhandel en muile; dit sluit fauna & flora smokkelhandel in soos bv renosterhoring en leeu gebeentes. Ons wette is te verkramp om die dwelmbase en hul gespuis vas te vat…’ALLES’ onder die son het mos ‘n prys. Ek stel voor ons bou ‘n maksimum gevangenis op Marion en gee oortreders lewensvonnisse met harde arbeid; beste sou gewees het die ‘DOODSTRAF’ soos in vele ander wereldlande