Miljoene rand se dwelms in trok versteek

Die dwelmvonds wat in 'n versteekte kompartement in 'n vragmotor op die R45 naby Vredenburg in die Wes-Kaap gevind is (28 November 2016) Foto: SAPD

Die dwelmvonds wat in ‘n versteekte kompartement in ‘n vragmotor op die R45 naby Vredenburg in die Wes-Kaap gevind is (28 November 2016) Foto: SAPD

Die Valke se narkotikaburo het die onwettige dwelmhandelbedryf Maandagaand ʼn hou toegedien toe hulle op vier vermeende dwelmhandelaars toegeslaan het.

“Beamptes van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) se narkotikaburo het inligting ontvang oor ʼn vragmotor en begeleidingsvoertuig wat dwelmmiddels op die R45 naby Vredenburg in die Wes-Kaap vervoer,” het kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, gesê. “Die beamptes het die voertuie deursoek en 771 000 Mandrax-tablette, ter waarde van ongeveer R7,5 miljoen, in ʼn versteekte kompartement in die vragmotor gevind.”

Vier persone, tussen 31 en 58 jaar oud en oorspronklik van Gauteng, is in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting Woensdag in die Vredenburg-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cornelia ·

Dankie aan almal wat deel was om die skuldiges vas te trek. Doen so voort!!

miv ·

Wonder wat was die begeleidingsvoertuig se doel? Skelms dink ons Valke is dom toe kry hul ‘n vet surprize. Mooi so manne!

Buitestander ·

Mooi so aan die wenk gewer.
Sonder jou wenk was die dwelms nou op straat. Doen so voord. Jy beveilig ons mooi land.
Wees net versigtig vir die smokkelaars.

Wenner ·

Ja bitter baie dankie aan die persoon wat die wenk aan die Valke gegee het. Dankie dat jy ons land n veiliger plek probeer maak.

piper ·

ek hoop net hulle word swaar gestraf. dink net hoeveel mense se lewens kon met al daardie dwelms verwoes word en hoe dit hulle families ook raak. sulke mense moet soos in die ooste doodstraf kry . dwelmhandelaars moet die swaarste moontlike straf kry sonder enige genade en meer van hulle moet vasgevat word

Waarheid ·

Goeie vraag..sou VEILIG wees om klein monster en foto’s as bewys te neem en EN RES NET DAAR TE VERNIETIG of onskadelik te stel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.