Miljoene rand se opgraderings in Kaapstad beplan

Seepunt-promenade (Foto: Jean van der Meulen/Pixabay)

Stad Kaapstad beplan verskeie opgraderings en verbeteringswerk aan verskeie strandfronte aan die Valsbaai- en Atlantiese kuslyn.

“Kaapstad se kuslyn en natuurreservate is besonderse bestemmings. Duisende besoekers geniet dié natuurlike ruimtes wat tydens die Covid-19-pandemie selfs nog meer gewild geraak het,” sê Marian Nieuwoudt, burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en omgewingsake. “Dit bied ʼn veilige plek waar ons buite en in die natuur kan saamkom en dra by tot die stad se reputasie as ʼn wêreldklas bestemming. Sommige van dié geriewe en strukture moet egter opgeknap word en dit is hoekom ʼn groot deel van ons kapitale begroting in die nuwe finansiële jaar aan verbeterings spandeer sal word.”

Die direktoraat se kapitale begroting vir die nuwe finansiële jaar, wat op 1 Julie 2021 begin, beloop R137,7 miljoen met die volgende prioriteite:

  • Opgraderings aan Fishermans’ Lane in Strandfontein (koste sal bekendgemaak word sodra die tender toegeken is)
  • Opgraderings aan Seaforth by Boulderstrand in Simonstad (koste sal bekendgemaak word sodra die tender toegeken is)
  • R3 miljoen vir opgraderings van Monwabisi-stranddistrik
  • R3,1 miljoen vir opgraderings by Glencairn-stranddistrik (hierdie verbeterings is reeds aan die gang en sal na verwagting teen Oktober 2021 afgehandel wees)
  • R1 miljoen vir opgraderings aan Muizenberg-strandfront
  • Opgraderings aan Table View-strandfront
  • Milnerton-strandfront
  • Small Bay-seemuur
  • R7 miljoen vir opgraderings by Seepunt-promenade
  • R5,8 miljoen vir verbeterings by die Helderberg-natuurreservaat
  • R400 000 vir opgraderings aan die Table Bay en Tygeberg-natuurreservate
  • R4 miljoen vir opgraderings aan die reservaat in Metro South East
  • R2,2 miljoen vir verbeterings aan die Bracken-besoekersentrum
  • R3 miljoen vir verbeterings aan die Harmoney Flats-besoekersentrum
  • R3,2 miljoen vir verbeterings aan die Zandvlei-besoekersentrum
  • R18,8 miljoen vir die rehabilitasie van die Asanda Village-vleiland
  • R700 000 vir die opgradering van die Edith Stephens-vleilandpark

Die direktoraat is ook betrokke by en werk nou saam met ander departemente om plaaslike prioriteitsinisiatiewe (LAPI’s) te realiseer sodat gebiede opgeknap kan word wat deur misdaad geteister word. Dit sluit in:

  • R7 miljoen vir die Bonteheuwel en Bishop Lavis LAPI
  • Opgraderings aan voetgangerfasiliteite by Parow-stasie (R1 miljoen), Soutrivierstasie (R1 miljoen) en Kruskallaan (R2 miljoen).

Nieuwoudt het bygevoeg tot R6,8 miljoen word ook geoormerk vir die opknapping van die Philippi-varsproduktemark. Daar is ook planne vir die Bellville-sakedistrik, Philippi-geleentheidsgebied en die Gateway-gebied in die middestad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Waarom Valsbaai? Waar kom die naam vandaan? Waarskynlik te doen met vorm.

Elsje ·

Wat van al die plakkerskampe en boemelaars wat orals tent opslaan? Ons was in Bantry bay en by Houtbaai. Houtbaai se plakkerskampe is baie en by Bantry Bay so baie bedelaars wat in stegies en voor winkels slaap.

Mieke ·

Gaan die geld nou eintlik vir die regte doeleindes gebruik word? … Kan hulle maar nie die geld gebruik om arm gemeenskappe op te hef?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.