Miljoene rand se perlemoen gekonfiskeer

Foto verskaf deur SAPD Wes-Kaap

Vyf persone is in hegtenis geneem en polisiebeamptes het beslag gelê op miljoene rand se perlemoen tydens ʼn klopjag op ʼn huis in Table View, Kaapstad.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê goeie speurwerk het tot die klopjag gelei. “Beamptes het die perseel betree ná hulle gesien het ʼn silwerkleure Mercedes-Benz hou omstreeks 12:00 voor die huis stil en die insittendes dra verskeie swart sakke in die huis in. Twee van die vertrekke is omskep in droogkamers met rakke vol gedroogde perlemoen.”

Polisiebeamptes het bokse met sakke vol perlemoen in die sitkamer gevind. “Hulle het ook beslag gelê op toerusting, insluitend gasbottels, waaiers, rakke en skale.”

Die vyf persone, tussen 20 en 33 jaar oud, sal op 23 April in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklagte wat met die oortreding van die Wet op Mariene Hulpbronne verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andreas ·

Maar dit hou net nie op nie! Bou ‘n vervlakste muur om die see. Waar is Trump?

Cherokee ·

Dink dit is kuns-perlemoen. Teen die tempo wat perlemoen gestroop word kan daar omtrent nie meer regte perlemoen (en regte renosters) wees nie.

Johanna Botha ·

Oor en oor dieselfde ..
Gaan die verdompde polisie ooit hulle hand op die situadie kry !

Elna ·

Wat maak hulle met die perlemoen en wat maak hulle met dit wat gekonfeskeer word? Kort kort lees mens van perlemoen stories wat gaan aan?

willem Botha ·

Ek vind dit altyd snaaks fat die polisie so aktief is met die aankeer van perlemoen stropers,maar maak nie handhaaf af as dir by ander misdade kom nie laat mens nogal dink.

humor ·

Iemand maak groot geld. Aan kus daar waar dit gestroop word, word n blinde oog gegooi.

Johan ·

Uiters swaar strawwe moet teen stropers opgelê word. Niks onder 30 jaar vir renoster en perlemoen stropers nie. En n werklike poging moet aangewend word deur die regering om ons grense tot die uiterste te beskerm, vir in en uitvoere van goedere. Stropers verwoes ons natuurlewe en hulle kom weg daarmee. Dit móét stop!

Stroper ·

Geluk aan paar beamptes wat nog werk !!.
Die mislukte staat stel nie belang nie, kategorie B misdaad, die mensies wat oor grense stroom vir gratis behuising in ruil ‘n vir stem vir DA of ANC moet ook eet.
Perlemoen is nie verlore nie, die Chinese verwyder dit latereen nag uit die staats pakhuise, DAF onder hulle beheer.

Anita ·

Waar is die persone wat veronderstel is om die Marine bronne te bewaar.?..waar is die polisie.?…almal werk hand aan hand, dit is die uitroeing van die bron tot NIKS vir die nageslag. Honde moet opgelei word om elke uitvoerhouer na die ooste te ruik, die Chinese dokumente vir verblyf moet nagegaan word….MAAR OM DIT TE STOP MOET SWAAR TRONK STRAF VAN JARE OPGELE WORD. ONS WIL GRAAG WEET WAT WORD VAN DIE GEKONFISKEERDE PERLEMOEN??…. GEEN BORG MOET TOEGELAAT WORD.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.