Miljoene rand se skade aan Kaapstad-infrastruktuur

Kaapstad (Foto: sharonang, Pixabay)

Kaapstad (Foto: sharonang, Pixabay)

Die stad Kaapstad het Maandag gesê vandalisme aan die stad se infrastruktuur oor die afgelope drie jaar beloop meer as R12 miljoen.

Belinda Walker, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid en spesiale projekte, het gesê opsetlike saakbeskadiging aan gemeenskapsfasiliteite tydens betogings het “onaanvaarbare afmetings” aangeneem.

Sy het gesê die skade beloop nagenoeg R12 miljoen. “Ons kan egter nie ʼn kosteberaming doen op die verlies wat die inwoners in die betrokke gemeenskappe ervaar nie,” het sy gesê.

Walker het gesê die geld wat die stad spandeer om infrastruktuur te herstel wat gevandaliseer is, kon eerder spandeer word op ander geriewe “soos bykomende ontspanningsfasiliteite, sproeiparke, slimparke of selfs sintetiese sokkervelde in gemeenskappe waar die behoefte daaraan groot is”. Sy het gesê dié gemeenskapsfasiliteite bied “ʼn veilige plek vir ons kwesbare inwoners om in te ontspan”.

Walker het dit benadruk dat die stad se sport en ander ontspanningsaktiwiteite ʼn “belangrike deel vorm van ʼn gesondheidsgebaseerde benadering en bied ʼn alternatief vir vrye tyd – afleiding vir hoërisiko-individue teen bendes en dwelmmiddels”.

Walker het gesê betogers wat hierdie fasiliteite vernietig toon “geen respek vir eiendom nie”. “Dit is skokkend dat ons samelewing ʼn kultuur ontwikkel het om gemeenskapseiendom af te brand en te vernietig. Daar is geen verskoning vir minagtende gedrag nie en dit is nie die manier hoe mense hul griewe moet wys nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

John ·

Strenger wetgewing is dringend nodig om vandalisme aan bande te le. Dit was nou al te lank mode in die land om buite beheer te raak as jy nie kry wat jy wil he nie, of jy goeie rede het of nie. Die ANC het tydens die apartheidsera die’ soort optrede onderskryf en dit het nou tweede natuur geword. Om jou eie buurt te verniel en die strate vol rommel en klippe te strooi, is totaal teenproduktief maar ons hoor nie sterk stemme opgaan van regeringskant nie. Die stembus oorheers totaal die denke en niemand wil terregwys nie anders volg die volgende vlak van geweld. Dis ‘n teelaarde vir chaos wat later nie meer omgekeer kan word nie. Werkers is gegrief en werkloses nog meer. Wie gaan dit stop voor ons land soos iets lyk wat rommelstatus verdien.

Johann ·

Hierdie gevalle, die afgelope somer se onverklaarbare veldbrande is myns insiens pogings om die enigste (grootliks) funksionerende munisipaliteit te destabiliseer. Die blink ster aan die suid punt van die republiek is vir hulle die grootste daaglikse herinnering van hul absolute mislukking as die land se regeerders en as ‘n politieke party in die provinsie.

Joann ·

Maar ons weet mos nou al die wat niks bydrae tot die land nie,dis hulle wat so afbreek. Hul mag maar dis hul land en hul kultuur. Berge val op my mens sal hul nooit reg kry nie.

Koos ·

Dit is nou tipies van wat gebeur as jy iets op ‘n skinkbord kry en nie daarvoor gewerk het nie. Jy waardeer niks en trek dit deur jou agterend. Dis hulle natuur om bakhand te staan en te verwag alles moet in hul skoot val en as dit nie gebeur nie alles wat hulle in elk geval mahala gekry het te verwoes. Dit is die gevolg van die paternalistiese bestel van die verlede.

Reinhardt ·

Geen aantal wetgewing gaan n verskil maak nie. Dit gaan oor gevolge, daar is geen gevolge in ons land vir enigiets nie. Dit is hoekom niks werk nie. Niemand is bang vir die gereg nie. Ek self sit met n spoedboete, wat gaan ek daaromtrent doen? Niks. Want niemand volg my op nie. Terloops dink ek elkgeval onverskillige bestuur is baie gevaarliker as om 15kph bo die spoedgrens te ry.

Deon ·

As jy in al die vernietiging gaan stil staan en in die lug ruik, dan ruik jy vir Marius Fransman en sy adjudant Tony.

Penellope Jones ·

Wel, mens kan nie vergeet dat die ANC belowe het dat hulle die Wes-Kaap onregeerbaar sal maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.