Miljoene rand se skade ná kontrakteurs kabels lê

Skade in die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit (Foto verskaf deur die VF Plus)

Die VF Plus dring daarop aan dat die kontrakteurs vir die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) wat kabels vir optiese vesel installeer, verplig word om die skade wat hulle aanrig aan sypaadjies en infrastruktuur soos waterpype en kragkabels, op eie koste te herstel.

“Die VF Plus het verskeie klagtes van huiseienaars ontvang van kontrakteurs wat waterpype en kragkabels beskadig tydens die grawe van slote vir die aanlê van die kabels,” sê Christo Smith, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit. “Baie van die kontrakteurs herstel nie die skade nie en veroorsaak dat water deur die plaveisel lek.”

In ander gevalle versuim die kontrakteurs om die slote behoorlik toe te gooi en plaveisel en gras terug te plaas op die sypaadjies.

“Die VF Plus is ʼn voorstander van tegnologiese ontwikkeling, maar kontrakteurs kan nie toegelaat word om die reeds sukkelende munisipaliteit onder verdere finansiële druk te plaas nie. Alhoewel die munisipaliteit nie die kontrakteurs kan verbied om die optiesevesel-kabels te lê nie, kan die munisipaliteit hulle wel verplig om toe te sien dat die omgewing skoon agtergelaat word en dat alle skade aan infrastruktuur herstel word,” het Smith bygevoeg.

Skade in die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit (Foto verskaf deur die VF Plus)

Die party het reeds die munisipaliteit genader en het aanbeveel dat alle diensverskaffers gedwing word om van die dienste van geregistreerde siviele ingenieurs (konsultante) gebruik te maak om toesig te hou oor die ontwerp, implementering en finale inspeksie van die werk.

Die party moedig ook inwoners aan om probleme aan te meld by die munisipaliteit om die klagtes te ondersoek en, waar nodig, die diensverskaffer opdrag te gee om die situasie op eie koste reg te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Willem ·

Sal seker weer ekstra geld soek vir werk wat hulle moet heelmaak

Agge nee ·

Kom kyk hoe het drie verskillende maatskappye wat optiese kabels lê die dorp, sypaadjies, plaveisel en tuine verwoes in Tzaneen.

Pandora ·

DIT gebeur tans by ons in Lydenburg ook. Net gister het hulle weer ‘n waterpyp raakgekap nadat die huiseienaar vir hulle verduidelik het dat hulle nie daar moet grawe nie. En dan maak hulle dit nie reg nie. Dit word net so gelos. BAIE ontoereikend.

Gert ·

Daar is nie meer iets soos diens en werkstrots nie. Almal hou noord en foeter voort, met die houding dit wat ek moes doen is met die minste moeite afgerammel solank ek net betaal word.

ChrisR ·

Rerig VF plus……..waar val julle uit? Begin eers by wie het daai Munisipaleteite tot in die grond gewerk? Ja vra die vraag……..asgevolg van dit, besit Munisipaleteite net 2 Geleerdes en 4 Handlangers……nou moet ons wat infrastrukture bou om areas meer waarde te gee, nog kostes dra vir “engineers”……ons doen en maak seker dat als na die tyd in plek is.
Kyk hoe werk die ouens van elektries en water……..los paaie en sypaadjies waar gewerk word vir maande oop.

Sonder ons wat hierdie netwerke bou……glo ek nie dat ons die platform sou geniet.
Mense is te vinnig om iets sleg te se…..maar vinnig om te skree vir hulp.

Moenie die Fiber manne kruisig…..kruisig die wat die wayleaves issue en nie hulle werk doen….en dis nie al die munisipaleteite.

pieter ·

Elke dag was dàar n water lek gewees waar hulle die slote gegrawe het , krag kabels het ook deur geloop.
Hulle het die kabels met grawe en pukke raak gekap .

Gevaarlike klomp manne.

Wiehan ·

Kom kyk in Meyerton wanneer ‘n munisipaliteit OORDENTLIKE quality control op nuwe werk kom doen. geen sulke probleme nie.

akkedismis ·

By Yzerfontein is veselkabels Baie profesioneel gelê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.