Miljoene rande se Covid-hulp beland in ‘verkeerde rekening’

Die hooggeregshof In Pretoria. (Foto: Twitter)

Die hooggeregshof in Pretoria het ʼn bewaringsbevel van meer as R3,2 miljoen aan die Batebeslagleggingseenheid toegestaan nadat geld bedrieglik, of moontlik verkeerdelik, in die bankrekening van ene Tshepang Phohole inbetaal is.

Sipho Ngwema, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Phohole is ʼn werker van ʼn kliënt van CSG Resourcing, wat saam met verskeie ander werkers van die onderneming se kliënte ʼn uitbetaling van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) ontvang het.

CSG Resourcing, ʼn arbeidsmakelaar met verskeie kliënte, het WVF-eise van meer as R5,6 miljoen namens sy kliënte by die fonds ingedien.

Die onderneming moes die geld uit die Covid-19-noodverligtingsfonds aan meer as 200 werkers van verskillende maatskappye uitbetaal en is deur die WVF goedgekeur om dit te doen.

Die geld moes in ʼn gespesifiseerde bankrekening van CSG Resourcing betaal word, maar is in ʼn bankrekening van Phohole inbetaal, het Ngwema gesê.

“CSG Resourcing het navraag gedoen omdat die geld nie in sy bankrekening gewys het nie al het die WVF die betaling goedgekeur.”

Die onderneming het die voorval by die polisie aangemeld wat dit na die Finansiële Inligtingsentrum verwys het vir dringende ingryping.

“Die polisieondersoek duur voort en die betrokke wetstoepassingsowerhede wag op ʼn verklaring van die WVF oor hoe die Covid-19-noodverligtingsbetaling gemanipuleer is om in Phohole se bankrekening betaal te word,” het Ngwema gesê.

Die aanvanklike ondersoek dui daarop dat Phohole dadelik van die geld na sommige van sy ander bankrekeninge en dié van verskeie ander mense oorbetaal het, optrede wat as bedrog of diefstal beskou word.

Die verskillende rekeninge is daarna gebruik om die geld weer na ander rekeninge oor te dra in ʼn poging om die oorsprong van die geld te verdoesel. Ngwema sê dit kom neer op geldwassery.

Die Finansiële Inligtingsentrum het op 4 Junie kennisgewings aan die banke uitgereik dat die rekeninge gevries moet word. Dit is egter net ʼn tydelike maatreël wat 10 dae lank geld en word gebruik om wetstoepassers kans te gee om die geld te probeer terugkry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

JohanR ·

Verwag enige oomblik dat Lindiwe Sisulu daai een van Waterwese, eene Tshepang Phohole gaan aanstel teen R1.5 miljoen ‘n jaar. Geen CV nie net….I like the cut of your jib!

Elize ·

Hoop hy word lank weggebere. Of gaan daar nou eers weer jare lange ondersoeke gedoen moet word

Gemaskerde Sopbeen ·

Hehehe. ‘n Groot gedeelte van die geld is waarskynlik klaar opgeëet en opgedrink. Lekker soek.

Spyker ·

Mooi man, dit is mos hoe dit gedoen moet word. Sien niks daarmee verkeerd nie. Ek gaan nou my rekening besonderhede voorlê vir die nodige oorpladong. By voorbaat dankie

Frank ·

R3.2 miljoen deel deur 200 werkers = R16 000 UIF uitbetaling elk? Iets klop nie want daar is limiete op UIF uitbetalings as ek dit nie mis het nie

AmY ·

Dis hoekom ek eerder geld direk in mense wat ek weet werklik sukkel se rekenings sal betaal.
Ook met kos. Wie gaan my van die mall af volg wanneer ek kruiderniersware gekoop het?

Fedup ·

holole, sorry to say, but uhm, the excuse of a “mistake” is just not believable.
As usual corrupt and thefty.

Helgard ·

Nou dis n verassing. Wie sou dit nou in jou wildste drome gedink het!

Nico ·

Bank rekenings wat vir tien dae gevries watter klug is dit nie, daardie bedrae geld is alreeds belê in Switserse banke oorsee.

Leonard ·

Onbevoegdheid IS dié ORDE van DIÉ REGERING.
Skaamtelose PLUNDERY….

Jan ·

Skelm bly skelm jy hoef hom nie n naam te gee nie. Wie druk die laaste knopie om die geld oorte plaas

Tannie Suurtier ·

En intussen krepeer die mense wat die geld na regte moes ontvang van ellende. Mag elkeen kry wat hy verdien!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.