Miljoene rande se dwelms in bakkie gevind

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die Wes-Kaapse polisie het Sondag in die vroeë oggendure ʼn reuse-vonds gemaak toe hulle op R10 miljoen se Mandrax-tablette beslag gelê het.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes van Beaufort-Wes het as deel van ʼn beplande operasie voertuie voorgekeer en deursoek. Die 200 000 tablette is in ʼn bakkie gevind wat van Johannesburg na Kaapstad onderweg was. Die 50-jarige bestuurder is in hegtenis geneem en sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Volgens Rwexana vermoed die polisie dat die dwelms verbind kan word met ʼn groot dwelmsindikaat en dat die inhegtenisneming daartoe bydra om die dwelmhandel in die provinsie ʼn nekslag toe te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Joann ·

Dwelm smouse moet lewenslank tronkstraf kry want hul veroorsaak dat ander se lewe ook verwoes en geneem word.

Karolis ·

Mense hierdie is ‘n groot fonds. Daardie is tans die hoofroete en die muile is mak.
Baie geluk aan die Beaufort Wes Lede. Doen so voort.

Willie ·

Hoop hulle vang die res ook, wat die gemors verkoop. Wat lewens vervoes, en mense doodmaak… Hier moet die ergste straf uitgedeel word. Absoluut geen genade nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.