Miljoene rande se dwelms in roomhouers gevind

Argieffoto

Argieffoto

Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het binne 48 uur op meer as R8 miljoen se dwelms by die OR Tambo Internasionale Lughawe beslag gelê.

Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het gesê die eerste voorval was Dinsdag toe beamptes ʼn pakkie wat by die internasionale possentrum aangekom het onderskep het. Volgens Memela was die pakkie op pad van Malawi na Swede.

“Die ontdekking is gemaak toe doeanebeamptes opgemerk het dat die verseëlde houers in die pakkie, wat room bevat het, beskadig was. By nadere ondersoek is dwelms in 42 van die houers gevind,” het hy gesê. “ʼn Dwelmtoets het bevestig dat die dwelms Ecstacy is. Altesaam 13,2 kg Ecstacy ter waarde van R3,9 miljoen is in die pakkie gevind.”

In nog ʼn voorval is dwelms Woensdag weer in roomhouers gevind nadat ʼn snuffelhond positief gereageer het op ʼn besending wat van São Paulo in Brasilië via Johannesburg na Namibië op pad was. Memela het gesê 15 kg kokaïen ter waarde van R4,3 miljoen is in 12 roomhouers gevind.

Memela het gesê die dwelms is aan die SAPD oorhandig vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

GES ·

Dit is baie goeie nuus. Dink net hoeveel mense se lewens daarmee verwoes kon word as dit nie betyds onderskep is nie.

Alida ·

En waar gaan dit heen na die SAPD ondersoek? Ek sal graag wil weet of dit vernietig word en/of die polisie dit nie onder mekaar verdeel en weer verkoop nie. Niemand kan vertrou word nie.

Topster ·

Ja ek wonder ook Alida veral as mens na die waarnemende Polisie hoof kyk.Nie dat hy nou n voorbeeld stel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.