Miljoene rande se dwelms in ‘skoonheidsprodukte’ gevind

vuurvreters_dwelms.jpg

Foto: pixabay.com

Miljoene rande se kokaïen is deur doeane-amptenare by die OR Tambo Internasionale Lughawe gekonfiskeer.

Sandile Memela, woordvoerder van Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê snuffelhonde het die 26 kg-vrag kokaïen onderskep wat van Sao Paolo in Brasilië op pad was na die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die dwelms was in ʼn skoonheidsmiddel versteek.

“Die vonds is gemaak toe beamptes die verdagte skoonheidsprodukte inspekteer en die honde positief vir dwelms daarop reageer het,” het Memela gesê.

“Die skoonheidsprodukte was in die vorm van ʼn wit room. Die room het egter vinniger as normale room droog geword, waarna dit poeierig geword het.”

Narkotiese toetse het bepaal dat die poeier kokaïen is. Dit het ʼn geskatte straatwaarde van nagenoeg R7,4 miljoen.

Die ‘skoonheidsprodukte’ is aan die Valke oorhandig wat die saak verder gaan ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mmm ·

Nogal baie dwelms wat gekeer word, maar ek wonder hoeveel gaan deur…

Frederik ·

Daar word byna weekliks dwelms by OR Tambo gekonfiskeer deur die SAID. Wat gebeur daarna?? Waar word die dwelms geberg?? Verkoop die ANC dit nie dalk as deel van hul partyfinansiering nie?? Ek het nog nooit gelees dat dit vernietig word nie.

N Lourens Reitz ·

En hier op die platteland in Reitz is in dié week 5 handelaars aangekeer met mandrax tablette ter waarde van R1 mijloen Rand.SA het verval in die hande van boewe rowers smokkelaars en moordenaars.

pappie ·

So ek kon lekker op n trip gegaan het as ek van daai produkte gebruik het!!!!!!

Uvonka ·

Nou weet ek hoekom mense vir my se ek het hoë wangbene!!!! Nie verbaas dat hulle enige manier sal uitdink om dwelms te smokkel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.