Miljoene rande se dwelms uit Valke se kantore gesteel

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Kokaïen met ʼn straatwaarde van R200 miljoen (541 kg) is oor die afgelope naweek uit die Valke se kantoor in Port Shepstone, KwaZulu-Natal, gesteel.

Die inbrekers het ook met ʼn kluis waar bewysstukke bewaar word, gepeuter. Dit is nie duidelik of enige bewysstukke beskadig of gesteel is nie.

Luidens ʼn verklaring deur die Valke het die inbraak tussen Vrydag en Maandag plaasgevind.

Brig. Nomthandazo Mbambo, woordvoerder vir die Valke, sê die verdagtes het toegang tot die gebou verkry deur ʼn venster oop te dwing.

ʼn Saak van diefstal word nou ondersoek.

“Genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het die adjunk- nasionale hoof, lt.genl. Tebello Mosikili, aangestel om die omstandighede rakende die diefstal te ondersoek, terwyl speur- en forensiese dienste versoek is om die saak te ondersoek.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
Aai

Kan net lag.Ha Ha so maklik.

Dup

Ai tog……die Valke darem….ons trots….

Diline

Ja ne! Inside job – korrupsie loop hoog ORALS

Keith

Oh well that’s “Par for the Course”. At least it wasn’t firearms this time.

Francois

Sies mense daar was load shedding ! Hahahhaha