Miljoene rande se kos bedoel vir armes gesteel

(Argieffoto)

Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo miljoene rande se voedsel, wat deur die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAID) aan die Wêreldvoedselprogram (WFP) geskenk is, gesteel het.

Die mans moes glo in 2015 die goedere uit Suid-Afrika na Malawi vervoer vir humanitêre verligting. Die goedere het egter nooit die land verlaat nie en is deur die verdagtes verkoop vir hul eie gewin.

Die verdagtes het onder meer tonne groente-olie en split-ertjies ter waarde van meer as R5 miljoen gebuit.

Volgens kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder vir die Valke, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) reeds in Junie 2017 ʼn saak van bedrog aanhangig gemaak nadat dit duidelik geword het dat iets nie pluis was nie.

ʼn Dagvaarding is vroeër vandeesweek op die verdagtes, onderskeidelik 44, 51 en 62 jaar oud, bedien en hulle sal na verwagting op Dinsdag 8 Junie in die Palm Ridge-handelsmisdaadhof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Keith ·

So it took the authorities 2 years before they found out, and then another 4 years before they starting doing anything more about the theft. Crazy stuff.

Pieter ·

Welkom in afrika niks snaaks nie die amerikaners leer ook nie.

Mallie ·

Dis een van die redes hoekom ek nie bretrokke raak by kos gee eenhede nie. Ek gee eerder direk kos aan die mense by die kerk, skool of werkplekke.

Fedup ·

5 years?
Do not have a hat, shoes will be taken off then.
Feckless is all I can think of.

Nico ·

Inhalig, self verryking, selfsugtige klomp in die ANC geledere, nou praat hulle van rassisme wat van die ANC regering teenoor hulle eie mense.

Sarel ·

Wat is hulle Politieke Afiliasie en wie het asn hulle die vervoer klntrak toegestaan

Jack ·

Die wiele van die gereg draai stadig en onseker weens al die omkopery en bedrog wat met sake inmeng. Die sake word so koud dat n vonnis baie keer net nie moontlik is nie. Dat ons n land is waar gewetenloses maklik wegkom is so.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.