Miljoene rande se onwettige sigarette versnipper

(Argieffoto)

Onwettige sigarette met ’n markwaarde van R18 miljoen word Vrydagoggend by die staatspakhuis in Kaapstad vernietig as deel van verskeie staatsdepartemente se voortdurende stryd teen onwettige in- en uitvoere.

Luidens ’n verklaring deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sou die vernietiging van die magdom sigarette reeds omstreeks 08:00 by die staatspakhuis begin het. Die sigarette word op die perseel versnipper voor dit met ʼn vervoerband na spesiale vragmotors oorgedra word en onder toesig na ʼn veilige stortingsterrein weggery word.

Daar is vroeër tydens verskeie operasies op dié onwettige sigarette beslag gelê. Dit sluit in die beslaglegging op ʼn vraghouer wat die land ingesmokkel is en valslik as iets anders verklaar is.

Die inkomstediens sê die bekamping van onwettige in- en uitvoere is ʼn prioriteit vir die regering onder die vaandel van die Tussenagentskapwerksgroep (IAWG) oor onwettige handel, wat bestaan ​​uit verskeie staatsinstellings. Die IAWG fokus op onwettige klere, tekstielware, skoene, leer, infrastruktuur wat as skrootmetaal verkoop word sowel as tweedehandse voertuie.

Luidens die verklaring behoort die vernietiging van onwettige goedere ’n sterk boodskap aan die publiek uit te stuur dat die Suid-Afrikaanse regering nie onwettige handel gaan duld nie.

“Sulke onwettige aktiwiteite vernietig die land se vervaardigingsvermoë, wat weer lei tot werkloosheid, ongelykheid en armoede. Onwettige invoer en uitvoer is ook ʼn bron van finansiering vir misdaadsindikate.”

Die stryd teen onwettige in- en uitvoere is ook van groot belang vir SAID aangesien dit die belasting wat ingevorder word, beïnvloed.

“Die inkomste wat gegenereer word, speel ʼn belangrike rol om die regering in staat te stel om ʼn land te bou wat basiese dienste aan arm en kwesbare individue en huishoudings lewer, sowel as om verligting vir werkgewers en werknemers tydens die Covid-19-pandemie te bied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Aai ·

Haar trok laai die sigarette op agter die staatspakhuis weer terug na mark.

deHAS ·

Wat is die kosprys en het mense al winste betaal en ontvang op dit? Ja. Eks ‘n geleentheid roker, maar dis baie beter sonder daai stokkies.

Boeing ·

Direkte gevolg van President Kopdoek se drakoniese maatreels.

Tanniepetoors ·

Ai, die ironie. Mev Kopdoek veroorsaak onwettige sigarethandel, SAID lei skade en nou, na ‘n jaar vernietig hul onwettige sigarette. Ag, ek skud maar net my kop in hopelose frustrasie. Stil bek……

Marita ·

Van die os na die jas…. Wat van al die vuurwerke wat ook ingevoer word wat baie dier beseer en self dood maak agv van mense wat vuurwerk verkoop en invoer??? Dit het nou niks te doen met siggarette maar ek sien hul praat van onwettige invoere en uitvoere van ander Items. Vuurwerke moet ook onwettig verklaar word

Eclectus ·

Ha ha, laat my dink aan die 80s toe pornografie nog onwettig was. Die polisie het ook met groot geskal altyd pornografie vernietig, net vir die meeste daarvan om deur polisiemanne weggedra en uitgedeel te word sodra die TV kameras verkas het. Of aan die nasionale reguleerder vir verpligte spesifikasies wat een keer ‘n jaar ‘n paar babastoeltjies en parafienstofies vernietig net om te kan sê hulle doen iets. Ek glo nie die onwettige handelaars voel hierdie nie, hulle gaan dalk net een brood minder kan koop en hulle netwerk opskerp om dit nog moeiliker te maak.

Misky ·

Wonder hoeveel gaan werklik vernietig word en hoeveel gaan “saam huis toe vanaand” met uitklok tyd

Elize ·

Waarvoor dit opknip. Verkoop dit en maak geld. Skenk die geld aan kinder en ouetehuise.

Persheks Adri ·

Ja right en kopdoek is die direkte oorsaak van dit! Ek is seker dit word vernietig gggmmmfff en ek’s die paashaas ok en vader kersfees pffft! Hulle is ook maar lekker stupid

Jack ·

Waarborg jou dat baie van die vernietigde voorraad reeds in die mark verkoop word. Die smouse wag reeds by die veilige stortingsterrein om die twak weer te draai in zolle. So dit is wat op grondvlak gaan gebeur dink ek gegewe die reputasie van die staat. Dalk een ligpunt en dit is dat dit in die kaap vernietig word. Dalk is ek verkeerd met my voorspellings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.