Miljoene rande se skade ná wildkampe brand

Die wildkampe in puin gelê. (Foto: Mia Spies/eNuus)

Die skade van die verwoestende brand naby Brits in Noordwes waar meer as 200 diere Maandag in wildkampe doodgebrand het enkele dae voordat dit op veiling moes gaan, beloop sowat R8 miljoen.

eNuus berig dat Mulati Wilddienste dié astronomiese bedrag se skade opgedoen het nadat 220 wildsbokke en volstruise in die wildkampe doodgebrand het. Dié diere moes Saterdag opgeveil word.

“In 20 jaar in hierdie bedryf het ek nog nooit so iets gesien nie,” het Gustav Strydom, eienaar van Mulati Wilddienste, aan eNuus gesê. “Dit is bitter erg.”

Strydom vertel dat ʼn sewejarige elandbul wat op ʼn jagplaas met die hand grootgemaak is, ook in die brand dood is.

Mulati Wilddienste se wildsplaas waar die ramp homself afgespeel het. (Foto: Mia Spies/eNuus)

Daar word vermoed dat die wildkampe opsetlik aan die brand gesteek is.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê dat die polisie ʼn saak van brandstigting ondersoek. Die motief vir die brand is in dié stadium onbekend.

Louise Horn, bemarker en administratiewe beampte by Mulati, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die wildkampe het binne 40 minute tot op die grond afgebrand. Slegs ses wildebeeste kon uit die vlamme gered word. Die veiling is intussen gekanselleer.

“Ons sal baie graag wil sien dat die skuldige aan die pen ry,” het Strydom gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Boer ·

Net 1 antwoord, en dit is HAAT. Daar word elke dag gepreuk en gesê hoe sleg die witmens en boer is, en als moet gedoen word om rykdom om te swaai (sonder om te werk). Begin by die betrokke boere se werkers. As hul jou kan vermoor na 26jaar se werk, kan hul dié baie maklik doen.

Ryan ·

Dit vat nie ‘n vuurpylwetenskaplike om te weet dit was opsetlik nie. Die motief was natuurlik dat een of ander plaaswerker dit wil hê.

Basjan ·

“A” wie sê jy, sit daaragter? Ek weet nie, so ek is nie deel van “almal” nie.

Wilma ·

Die wie plase soek seker kwaad omdat sou veiling tu. Hul seke gedink hul gaan die wildsplaas inpalm. Wil net he he. Weti wat jy wil he moet voor gewerk word ni

Rudolph van Wyk ·

Ek vermoed Maroela nuus gaan seker nie my kommentaar plaas nie. Hulle hou blykbaar nie van feitelike stellings wat nie rym met hulle eie sienswyse nie maar nou ja laat ek maar weet probeer. Ek verstaan nie hoekom word onskuldige diere soos slawe aangehou, mishandel en verkoop nie. Die diere het geen besittings nie, daar is niks wat hulle het wat ons nie elders kan kry nie. Enige regdenkende, beskaafde mens behoort die wreedheid ongeregtigheid van ons optrede te sien.

Hanna ·

Dis my opinie ook.
Hierdie diere word soos klippe hanteer.
Jammer dat hulle so wreed moes vrek.
Dis ook n baie duidelike bewys dat die eienaar van die hokke…glad nie ingestel is op die onvoorsiene nie.

Oop oge ·

Aag foeitog …
Dit geld seker vir beeste en skape ook…
en alle vleis en biltong kom vannie winkels af ….my moeder ….

Joe ·

@Rudolph, ek stem saam jou eerste deel, dat hul die van feite hou nie. Maar waar dink jy kom biltong, droewors, jou steaks vandaan? Dink jy jou vis braai se vis is kunsmatig gemaak? Hoeveel vliee en muskiete het jy al gered, of tel hulle nie as diere nie?

Pieter ·

Rudolf, die diere word ‘n ruk voor die tyd in die boma’s geplaas om hulle gereed te kry vir die wild veiling, dit as die algemene praktyd in die wild bedryf nadat die diere uit die veld aan gekeer is, na ‘n paar dae is hulle rustiger in hulle nuwe omgewing en kan kopers dan beter sien hoe lyk die diere as hulle kalm is.

humor ·

Maroela ek het baie jare gelede my Afrikaans 3 voltooi en besef my Afrikaans is nie meer so foutloos nie. Daar word geskryf van “skade opgedoen” Skade gely klink darem net vir my beter.

sweis ·

Wat maak dit regtig saak hoe jy iets sê solank ons kan verstaan,spelling en sinbou gaan ons nie help teen die vernietiging of anargie wat heers in SA nie maar saamstaan en slim beplanning.

Sê maar net ·

Uhhmmm…hoop julle aannames is waar en dat die skuldiges gevang sal word!!!

Ek lees van totaal ‘ander’ bespiegelinge op sommige wilds-en-jag sites,oor die betrokke insident….?

Rudolph van Wyk ·

Hoekom is die diere in aanhouding gewees? Is hulle misdadigers? Moontlik slawe? Hoe lank sal hierdie wreedheid en ongeregtigheid nog voortduur? Diere besit niks behalwe hulle lewens nie. Is ons so arm van liggaam en gees dat ons nie eers ‘n dier sy lewe kan gun nie?

Gys ·

Sê hy wat muskiete en vlieë doodmaak en lekker vleis (en vis) eet.
O ja, en leerskoene dra.

Japie ·

Arme weerlose diere. Daar is geen respek vir lewe in die land nie.

Wonder ·

n Vinnige versekerings eis en iemand is finansieel uit die moeilikheid. Diere se pryse word kunsmatig opgejaag en dan n brand. 200 gewone diere teen R1mil klink buitensprig hoog.

Boeremeisie ·

Rudolph Voor jy jou belaglike stellings maak doen asb eers jou navorsing! Dit bewys net jy het geen idee hoe die wildsbedryf werk nie!!!!

Anoniem ·

Alles raak toe skielik self aan die brand ! Nou het dit bietjie laat geraak in ONS LAND

Philip Erasmus ·

Maak nie saak met wat se diere jy boer nie. As jy nie na hul welsyn omsien nie. Dan is jy nie n boer nie.

Jemma ·

Klink my almal is hartseer oor die geldelike verliese! Baie vinnig om te noem watter bedrag geld daarmee heen is. Niemand gee eintlik om vir die hel waardeur hierdie onskuldige diere is nie

Born Free ·

Miljoene Rande se skade? Waarom nie voorsorg getref en sekuriteitsmense aangestel nie? Arme diere, wys maar net geld is al wat tel vir sekere mense!

Joe ·

Stem, hoe jy soveel waardevolle diere aanhou vir veiling, en lyk of daar geen wagte/sekuriteit was om die diere en die kampe op te pas nie, ek dink die eienaar sal ook moet verduidelik.

Theresa ·

Die arme diere. Hoe verskriklike dood is dit nie. Ek wil nie eers dink daaraan nie. As die skuldiges gekry word, hoop ek dieselfde word aan hulle gedoen.

M'Lady ·

Alles in hierdie land gaan oor geld. Gou om te se hoeveel miljoene rande se skade gely is maar niks oor die hel wat hierdie diere moes deurgaan nie. Hulle word in elk geval gesien as kommoditeite, niks meer en niks minder nie. Dis hoogtyd dat die diere welsynswette in hierdie land in sy totaal herskryf word.

Schalla ·

Ek lees kommentare van mense wat vra hoekom die diere in aanhouding was en wat insinueer dat die boere wreed is…. Waar dink sulke mense sou die diere dan rondgewy het as dit nie vir die wildsboere was nie? Daar op die middelman van die N14 oppad Krugersdorp toe by Diepsloot verby? Lekker stik aan al die plastiek gemors wat langs die pad lê? Feit van die saak is die diere is nie altyd op hok nie, maar veilings is ‘n nodige deel van die bedryf en diere is net tydelik op hok voor hulle verkoop, vervoer en weer heerlik in die veld kan gaan wei sonder dat hul emosioneel beskadig is vir die res van hul lewens. Goeie genugtig ek raak so moeg vir al hierdie mense wat tog so fyngeraak is. En mense wat sê die boer moes seker maak daar is sekuriteitswagte??? Hoekom? Daar is nie veiligheidsrisiko (vir die diere) nie, net skaderisiko vir die boer (mens verwag diefstal, nie “moord” nie). Dit was nooit voorheen nodig nie – dis so hartseer dat ons in ‘n tyd en samelewing woon waar dit nodig is vir ‘n wildsboer om dan nou sekuriteit te moet aanstel by staal hokke en krale sodat dit nie afgebrand word nie en vir die diere se veiligheid!

Hendrik UAE ·

Schalla ek stem saam.Laat die boer uitskiet of jag op sy plaas is almal moordenaars. Laat hy uitvang en verkoop is hy onmenslik. Waarom koop die klaers nie elkeen n eland en kameelperd en hou die diertjie in sy agterplaas aan nie?Of beter koop vir jou n wildsplasie en hou al die diere hans. Ons sien hoe lank oorleef jy sonder om inkomste uit die diere te genereer!

Sandra ·

Ek vermoed dis die ram wat my woonstelmaat se ouers op hul plaas handgrootgemaak en so 3 jaar gelede moes laat gaan omdat die plaas verkoop is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.