Miljoene rande se Viagra by lughawe gevind

Argieffoto: thenanfang.com

Argieffoto: Via thenanfang.com

Doeanebeamptes het Donderdag op Viagra-tablette, ter waarde van miljoene rande, by die OR Tambo-lughawe beslag gelê.

Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê die Viagra-tablette is in ses bokse in ʼn vrag vermeende vervalste sportskoene gevind. Die besending van 3 000 Adidas-skoene is op 25 September onderskep.

“Altesaam 79 212 Viagra-pille, ter waarde van R7 921 200, is tussen die skoene gevind,” het Memela gesê.

Die SAID het beslag gelê op die goedere en aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Piet Pompies ·

Een van die min misdade waaroor die SAP sterk staan!

Sus ·

Dis duidelik afkomstig van ‘n twyfelagtige bron en het nie die nodige kwaliteitstoetse deurgegaan nie. Julle wat so erg is oor die ‘blou pilletjies’ is dalk gespaar van ‘n groot klomp gif. Koop maar liewer die wat deur apteke verskaf word.

Jan maak n plan ·

Seker iemand hoog op se jaarlikse voorraad. Gedink hy is dalk die land se stoetbul., nou is hy maar net n koggelbul.

John ·

Vervalste sportskoene maar die ware jakobs? Die’ dat daar betoog word vir korter werksure en hoer lone. Gewonder hoe en waar toi-toiers soveel energie bekom. Lees die biljette in die pilhouers mense, dis dalk ‘n voorvereiste.. e… of die nagevolge….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.