Miljoene rande se Viagra by lughawe onderskep

Die vonds. Foto: Verskaf.

Die Suid-Afrikaanse inkomstediens (SAID) het Vrydag gesê beamptes het beslag gelê op Viagra-pille ter waarde van R30 miljoen by die Internasionale Lughawe O.R. Tambo.

Volgens die SAID is die pille, al 437 kg daarvan, die afgelope naweek aangetref nadat beamptes aan diens gedink het die beskrywing op die vragmanifes en die bestemming lyk verdag en die vrag ondersoek het.

Volgens die SAID is dít die grootste vonds van seksuele opkikkers nóg die afgelope jaar by die Internasionale Lughawe O.R. Tambo.

Volgens hulle was daar die afgelope paar maande ʼn paar soortgelyke gevalle. In Januarie is ʼn nagenoeg R4 miljoen-vonds van seksuele opkikkers in ʼn passasier van Indië se bagasie aangetref en in Oktober 2017 is 255 kg pille, onderweg van Mumbai na Johannesburg, by die lughawe onderskep.

Al bogenoemde sake word nou deur die departement van gesondheid ondersoek.

Die vonds. Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ettienne ·

Maal dit vyn. Kleur dit bruin en verkoop dit as Renoster horing aan China vir R300 miljoen.

Wors ·

Goeie idee, probleem is net, as hulle horings kry van renoster horings gaan dit ‘n bewys wees dat dit werk, dan gaan hulle meer renosters dood maak vir groter horings..

Piet Snot ·

Moenie sê daai goed is nou teen die wet nie.
Heelpaar mense gaan dan in die moeilikheid wees!

Louis ·

Alle SARS terugbetalings sal voortaan in pilvorm gedoen word. we

Oom Kalahari ·

@ Eugene, skerp man ek hou van jou antw. Wat het van die ander 3kg geword? Seker ook ‘n stywe nagskof saam die beamptes gewerk.

Piet Pompies ·

Skielik is daar 1 miljoen opgewonde mans en 2 miljoen opgewonde vrouens. Ons ry nou deur OR toe om te sien gaan die vliegtuie opstyg!

Joe Hall ·

Gerugte wil dit hê dat hierdie besending deel is van die vorige Prez se jaarlikse voorraad.

zoom zoom ·

Hoekom word die pille nog ingevoer? Is daar nie ‘n fabriek in Stormvoël weg in Pretoria gebou om die pille te maak nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.