Luther Lebelo, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê die dwelms was in strykplanke wat van Indië ingevoer is versteek. Volgens Lebelo het een van die SAID se doeanebeamptes Woensdag ʼn willekeurige inspeksie gedoen toe sy op die strykplanke afgekom het.
“Die invoer van strykplanke per pos het die beampte agterdogtig gemaak en sy het besluit om die besending te deursoek.” Volgens Lebelo het die beampte gesien daar is met die strykplanke gepeuter. Sy het op ʼn sakkie kristal-metamfetamien afgekom toe sy een van die strykplanke oopgesny het.
Lebelo het gesê daar is ʼn sakkie in elke strykplank gevind. Die gewig van die dwelms is sowat 7 kg.
Doeanebeamptes het ook Dinsdag op efedrien ter waarde van R1 miljoen beslag gelê by die lughawe. Die polisie ondersoek die sake.
Drie hoera’s vir haar – gee haar ‘n bonus!! Dit lyk asof iemand in ons land nog haar werk van belang ag!!
Ek het nog altyd gedink die sakkies wat saam oorsee produkte kom is om die vog op te neem, lyk my dit het straatwaarde…..lol