Miljoene se dwelms op OR Tambo onderskep

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het op kristal-metamfetamien (tik) ter waarde van R18 miljoen by die OR Tambo Internasionale Lughawe beslag gelê.

Die SAID het Dinsdag in ʼn verklaring gesê daar is tydens twee verskillende voorvalle die afgelope paar dae op die dwelms beslag gelê.

ʼn Man is Saterdag in hegtenis geneem nadat doeanebeamptes sy bagasie deursoek het toe hy van Nairobi, Kenia, by die lughawe aangekom het.

Sandile Memela, woordvoerder vir die SAID, het gesê die beamptes het verdagte voorwerpe in sy drie bagasiesakke opgemerk en toe 12 plastieksakke met ʼn wit poeierstof binne-in ontdek nadat hulle dit deursoek het.

“Dwelmtoetse het bevestig dat dié stof kristal-metamfetamien ter waarde van R17 202 000 is,” het Memela gesê. Die dwelms is aan die polisie oorhandig vir nadere ondersoek.

Memela het gesê in ʼn ander voorval is daar Vrydag beslag gelê op ʼn pakkie wat as ʼn geskenk gemerk is en na Maleisië gestuur sou word.

“Beamptes het ná ʼn dwelmtoets ontdek dat sakkies met ʼn wit kristalstof inderdaad kristal-metamfetamien is wat net minder as ʼn miljoen rand werd is.”

Die polisie ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Piet Pompies ·

Wat tik jy aan my, dink jy ek het tik aan my…….hoekom SARS daarop beslag gelê het verstaan ek nie so mooi, dalk gaan hulle bietjie tik werk doen.

Showahed ·

Mense kan net wonder hoeveel dwelms dan wel deurgaan? Die feit dat hulle so nou en dan iemand vang beteken dat daar baie meer “mules” wel suksesvol die land inkom, en dan is daar ook van die lughawe beamptes wat boon-op in “cahoots” met die skelms is.

Alida ·

Kom Fikili wys ons hoe vernietig julle dit of verwissel dit net hande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.