Miljoene se goud by lughawe gekry

Die goud is sowat R11 miljoen werd. (Foto: SA Polisie/Valke)

ʼn Man verskyn na verwagting Maandag in die Kempton Park-streekhof nadat hy die naweek met goud van sowat R11 miljoen by die OR Tambo-lughawe betrap is.

Lt.kol. Philani Nkwalase, polisiewoordvoerder, sê die 33-jarige verdagte het Saterdag van Harare na Johannesburg gereis.

By die lughawe het doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) hom gevra om sy bagasie te laat skandeer en 23 stukke goud is glo daarin gevind.

“Hy het glo versuim om enige items te verklaar en het nie ʼn permit of lisensie gehad om goud te vervoer nie,” sê Nkwalase.

Die Valke is ontbied nadat die goud ontdek is. Die man is in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op die goud.

Die man staan tereg op aanklag van die oortreding van onderskeidelik die Doeanewet en die Wet op Edelmetale.

Die goud is sowat R11 miljoen werd. (Foto: SA Polisie/Valke)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Fedup

That gold will fanish into thin air.
Poor man went through all that trouble for nothing.

Tiptol

Dis reg dat hul hom gevang het. Wonder net waar gaan die goud gebêre word vir veilige bewaring.

Elize

Hierdie goud gaan in iemand se sak beland en beslis nie in veilige bewaring nie

annie

… dat ons nou al goud moet invoer… Is dit nou nadat die Goempies die laaste paar stene na Koebaai uitgevoer het? Miskien kan die Reserwebank ‘n vertoonkas by die ingang inrig sodat die volk daar kan gaan kyk hoe goud lyk. Waarvoor word ons goudstore deesdae gebruik? Is dit nie dalk verander in waskamers vir die vuil ‘wasgoed’ van ons hardwerkende regeringsamptenare nie?

Etienne

Ek stem saam… hierdie goud gaan so vinnig verdwyn as wat dit gevind is. En geen haan sal ooit weer daarna kraai nie….