Miljoene se heroïen by Klawer gekry

(Foto: Verskaf)

ʼn 60-jarige man is Sondag in hegtenis geneem nadat polisie- en verkeersbeamptes hom met meer as 50 sakke heroïen by die Klawer-weegbrug betrap het. Die man was glo op pad Kaapstad toe.

Volgens sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het die polisie inligting ontvang oor ʼn silwer Jaguar met ʼn sleepwa wat ʼn Jetta vervoer. Volgens die wenk was dwelms in albei voertuie versteek.

“Die polisie het daarna die voertuie wat by die beskrywing pas, by die Klawer-weegbrug voorgekeer en deursoek,” sê Twigg.

Tydens die deursoeking het die polisie drie sakke heroïen in die kattebak van die man se voertuig gevind. Nog 50 sakke dwelms, vermoedelik ook heroïen, is in die agtersitplek van die Jetta gevind.

Die straatwaarde van die dwelms is ongeveer R3,7 miljoen.

Die verdagte sal Maandag in die Klawer-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

efjy ·

Maak net seker dat die dwelms vernietig word en nie weer hul pad na die mark vind nie.

domheks ·

Wonder wie nou gaan voordeel trek uit die dwelms? Hoor net van die baie wat gevind is, maar verder NIKS!

JohanR ·

Ek bly in Slaapstad. Nou dink as die vrag hier aangekom sou die VasAnnDieSlaapStad gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.