Miljoene se juwele in PE gesteel

Creative Jewellers (Foto: Facebook)

Vyf mans het Donderdag op ʼn winkel in Greenacres in Port Elizabeth toegeslaan en meer as R4 miljoen se juwele gesteel.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans het omstreeks 10:20 Creative Jewellers betree en personeellede met vuurwapens aangehou. Sy het gesê die personeellede is na die agterkant van die winkel begelei en beveel om op die vloer te lê.

“Glasrakke is gebreek en juwele, met ʼn geraamde waarde van meer as R4 miljoen, is gesteel,” het sy bygevoeg.

Geen skote is gevuur nie en niemand is beseer nie.

Die verdagtes het in ʼn wit Renault gevlug. Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Selfbeskikking ·

So gaan misdaad net erger en erger raak tot ons niks meer het nie. Ons moet nou al besef ons gaan desparaat uit die land moet vlug soos die Siriers, of ons moet nou al terwyl ons nog grond het reel vir eie grond waar ons veilig sal wees.

CJ ·

Liewe land, PE is deesdae net soveel in die nuus agv moord, doodslag en ernstige misdaad as Jhb en Pta.

Robs ·

Vra nou vir Gun Free SA hoekom die GUN FREE ZONE stickers op die deure nie die onwettige wapens uit hou nie……. Dit werk dan die wettige wapens…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.