Miljoene se Mandrax by Kaapstad-huis gekry

Argieffoto

Die Valke het op 11 sakke Mandrax-tablette by ʼn huis in Kaapstad afgekom.

Kapt. Philani Nkwalase, provinsiale woordvoerder van die Valke in die Wes-Kaap, het gesê die dwelms, met ʼn geskatte straatwaarde van R4.7 miljoen, is by ʼn huis in West Gate in Mitchells Plain gevind.

“ʼn Soektog is by die perseel uitgevoer en al die voertuie in die omgewing is ook deursoek. Die dwelms was binne ʼn verlate voertuig weggesteek,” het Nkwalase gesê.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die huis moontlik gebruik is as ʼn kanaal om dwelms in die omgewing te versprei.”

Die Valke het op ʼn totaal van 106 000 Mandrax-tablette beslag gelê. Niemand is tydens die klopjag in hegtenis geneem nie.

“Pogings is onderweg om die eienaar van die perseel op te spoor. Inhegtenisnemings word binnekort verwag,” het Nkwalase bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie ·

Don’t spill the beans! Waarom die booswigte waarsku? Hou die inligting doodstil en hou die perseel dop, iemand sal kom vir die dwelms. Kan dit so moeilik wees?

Alida ·

Hopenlik is dit daar en dan in die toilet afgespoel. Mens hoor nooit hoe daarvan ontslae geraak is nie. Om dit te hou as bewysstukke is die verkeerdste ding want dit verwissel net hande. Neem fotos saam met getuies en spoel die goed weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.