Miljoene se perlemoen gevind

(Foto verskaf deur die Valke)

Die Valke se eenheid, wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, het saam met ʼn span van die departement van bosbou, visserye en die omgewing, misdaadintelligensie en die Overberg-honde-eenheid Dinsdag 10 persone in hegtenis geneem in verband met die smokkel van perlemoen. Die waarde van die perlemoen beloop meer as R20,2 miljoen.

Zinzi Hani, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) sê vier uitlanders, tussen 24 en 27 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag dat hulle ʼn onwettige perlemoenprosesseringsfasiliteit in Welgemoed, Bellville in die Wes-Kaap bedryf het. Daar is beslag gelê op 11 321 stukke gedroogde perlemoen met ʼn geraamde waarde van meer as R6,5 miljoen en perlemoenprosesseringstoerusting.

Die span het in Stikland, Bellville, beslag gelê op 4 455 eenhede nat perlemoen, 17 900 semigedroogde stukke perlemoen en 9 216 gedroogde perlemoen ter waarde van meer as R13,3 miljoen. ʼn Man van Kenia en ʼn Somaliër, onderskeidelik 23 en 30 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Die span het na Parow gegaan waar nóg ʼn ontwettige prosesseringsfasiliteit gevind is. Vier verdagtes is hier in hegtenis geneem. Beamptes het beslag gelê op 2 300 stukke nat perlemoen ter waarde van byna R400 000.

“Die verdagtes is formeel aangekla en sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Bellville verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Willem ·

Dis ‘n skreiende skande om te sien hoe gewetenlose winsjaers hierdie pragtige land se natuurlike hulobronne vernietig. Renosters en perlemoen se voortbestaan in hierdie land word ernstig bedreig en een van die dae sal daar niks oor wees vir ons kinders of kindskinders nie.
Jare gelede, toe ek getrek het na my huidige dorp toe kon mens nog elke dag mits jy ‘n geldige permit gehad het, jou vyf (5) perlemoene uithaal vir tuisgebruik. Vandag word mens toegesluit as mens net aan perlemoen dink! Dis ‘n verdomde skande!

Casper ·

Ek is daarvan oortuig dat hulle aansoek gedoen het om politieke asiel in SA en nou misbruik hulle dit vir ander kriminele bedrywighede.Indien dit die geval is hou hulle nie by die bepalings van art 22 permit van die wet op vlugtelinge nie en moet hulle gedorteer word.Art 32(2) van die ImmigrasiewetWet 13 van 2002 sê duidelikAny illegal foreigner shall be deporteer.Ingevolge art 49 van dieselfde wet het hulle hulle voorwaardes verbreek.

JAN ·

Deporteer?? Dan is moreogggend weer terug. Sluit hom toe vir 15 jaar!!

Di ·

Nie net is die immigrante besig om in SA die natuur te verwoes nie, maar grotendeels ook verantwoordelik dat misdaad die hoogte in geskiet het. Die Regering in die land het absoluut GEEN idee hoeveel miljoene onwettige immigrante hier is nie. Danksy rooikappie met sy verwelkoming van immigrante in die land, gaan dinge nog baie erger word.

Harley Davidson ·

Hoekom word die stropers altyd gevang na die tyd wanneer die perlemoen gedroog word maar nie wanneer die perlemoen uit die see gehaal word nie?

Surfer ·

Want die inspekteurs sit erens in hul bakkies en slaap, maar jy sien hulle nie naby die see nie.

Miskruier ·

Solank Asië die mark skep sal die strooptogte voortgaan.

Johan ·

Ek sien die goed gebeur elke dag waar ek bly maar geen poging word aan gewend om die poutchers te vang nie fisheries . saps en natuurbewaring is useless hulle het geen idee wat hulle doen nie

Keith ·

Nou vra ek maar net – wat gebeur met die perlemoen nadat beslag gele is op dit ?

Francie ·

Ek vermoed die perlemoen word nou vernietig. Dit is jammer, nou is dit verlore. Kan dit nie verder prosesseer word en daarna bemark word nie? Selfs die Ontvanger kan voordeel daaruit trek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.