Miljoene se PPE in Carletonville-hospitaalbrand verwoes

Sowat R20 miljoen se toerusting is in die brand by die hospitaal verwoes. (Foto: DA)

Die departement van gesondheid in Gauteng sê hy het reeds die voorraad persoonlike beskermingstoerusting (PPE) uit provinsiale store aangevul nadat ʼn groot voorraad PPE Donderdag in ʼn brand by die Carletonville-hospitaal verwoes is.

Die departement het ook die verskering gegee dat die brand nie dienste by die hospitaal ontwrig nie.

PPE en mediese toerusting van nagenoeg R20 miljoen is in die brand verwoes. Volgens plaaslike DA-raadslede het die brand in ʼn stoorkamer by die hospitaal uitgebreek.

Die toerusting was bestem vir die AngloGold Ashanti-hospitaal terwyl bouwerk daar gedoen word. Die hospitaal gaan Covid-19-pasiënte behandel.

Kwara Kekana, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, sê geen beserings is aangemeld nie. Die grootste gedeelte van die voorraad is wel verwoes.

Die brand het Donderdag vermoedelik in ‘n stoorkamer uitgebreek. (Foto: DA)

ʼn Span ingenieurs is gestuur om enige skade aan elektriese toerusting te bepaal en die departement wag op hul amptelike verslag.

“Die brandweer het reeds begin met ʼn ondersoek na die oorsaak van die brand en ʼn saak is by die polisie aanhangig gemaak om alle kwessies rondom die oorsaak daarvan te ondersoek,” het Kekana gesê.

Die DA het intussen gevra vir ʼn onafhanklike ondersoek om te bepaal of die oorsaak van die brand weens nalatigheid of sabotasie was. Die party sê aanspreeklikheid is nodig vir die enorme verlies, asook vir die gebrek aan voorkomingsmaatreëls wat toegelaat het dat die voorraad verwoes word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Adri ·

Ai, en so word belangrike materiaal vernietig as gevolg van nalatigheid.

Willem ·

Is omdat hul al ń jaar werk aan ń hospitaal wat ń hospitaal was

Sarel ·

My vraag is was die voorraad nog daar toe die Brsnd uitgebreek het of ” Coveruo:

Baardman ·

Nou kan daar mos weer lekker geld gemaak word om die PPE te vervang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.