Miljoene se rekenaars, tablette by Gauteng-skole gebuit

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Die DA in Gauteng het Dinsdag gesê hy is bekommerd oor die talle skootrekenaars, slimborde en tablette wat die afgelope drie jaar by Gautengse skole gesteel is.

Khume Ramulifho, ʼn DA-lid van die Gautengse wetgewer, het gesê 49 skootrekenaars ter waarde van R527 000 is die afgelope drie boekjare as gesteel aangemeld.

Tot soveel as 379 slimborde met ʼn waarde van R5,5 miljoen is óók gesteel, terwyl 8 200 tablette met ʼn waarde van sowat R42,9 miljoen die afgelope drie jaar as gesteel of verlore aangemeld is.

Die inligting is bekend gemaak ná vrae wat Ramulifho in die wetgewer aan die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, gestel het.

“Die departement kon net 342 slimborde en 200 tablette van dít wat as gesteel by die polisie aangemeld is, terugvind,” het Ramulifho gesê.

“Daar is boonop altesame 170 voorvalle van diefstal en vandalisme met ʼn geraamde skade van R2 064 000 in die afgelope drie boekjare by die departement aangemeld. Hiervan is net 113 voorvalle by die polisie aangemeld.

“Daar is geen duidelike aanduidings waarom 57 voorvalle van diefstal en vandalisme nie by die polisie aangemeld is nie. Ons doen ʼn beroep op Lesufi om ʼn ondersoek van stapel te stuur om vas te stel waarom dit nie aangemeld is nie.”

Ramulifho het gesê ten spyte van die feit dat sommige voorvalle waar gesteelde tablette, skootrekenaars en slimborde by die polisie aangemeld is, is die departement steeds nie seker of enige van dié sake oor die afgelope drie jaar afgehandel is nie.

Volgens hom dui dít op swak planne vir skoolveiligheid.

Die polisie versuim terselfdertyd om skole te prioritiseer omdat daar geen ondersoekvorderingsverslae is vir die sake wat aanhangig gemaak is nie, het Ramulifho gesê.

“Dit is uiters kommerwekkend dat die departement aanhou om miljoene rand weens diefstal en inbrake te verloor, terwyl nie veel gedoen word om bates op te pas nie. Die departement het klaaglik misluk om sulke voorvalle by ons skole te voorkom.

“Dit is nou die regte tyd om ander veiligheidsmaatreëls, soos geslotekringtelevisie en alarmstelsels wat aan nabygeleë polisiestasie gekoppel is, te ondersoek as ʼn manier om veiligheidsmaatreëls te verskerp.

“Onopgeleide en ongewapende wagte alleen gaan nie ons kosbare bates kan beskerm nie – gemeenskappe moet ook eienaarskap van skole neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Deon ·

Wat ver wag hulle daar is geen dissipline in die skole kinders maak net hulle wil.

Gideon ·

Noem my Siener Gideon!! Ek het dit sien kom en ook voorspel!

Ilse Klynsmith ·

Genade, wanneer die beraamde bedrae wat as verlies aangeteken word, deur die spesifieke item se hoeveelhede gedeel word, wonder ek hoe en waarom (en heelwaarskynlik waar of by wie) sulke peperduur items gekoop word, terwyl daar kinders is wat daagliks honger is, of mediese sorg wat nodig is, maar nie gelewer word nie agv n tekort aan infrastruktuur agv nie geld in die begroting nie, agv…..

AndrewL ·

Dit wil voorkom asof die “wergewer” net daar is om Afrikaanse skole te takel, onderwys is ‘n bysaak

Braam Maree ·

Na al die jare het niemand nog agter gekom dat hulle nooit die swartgat waarin alles verdwyn sal opvul nie

A-nee-a ·

Ek het dit sien kom met die eerste woord oor die lot lablette wat uitgedeel is…..

Herman Goosen ·

Ja ons wil eerste wêreld maniere van dinge doen in ‘n derde wêreld land mentaliteit toepas. Jy kan nie mense opleiding en opvoeding gee wat nie maniere of etiek het nie. Leer eers basiese ordentlikheid en respek dan kan jy basiese en hoeër onderwys aanoak

aj ·

Lucifer misbruik die posisie om politieke ‘grandstanding’ te doen in voorbereiding op bevordering na ‘n hoër politieke pos.

Hy voel vere vir WERK of dienslewering in die onderwyspos. Net ‘n ‘stepping stone’ vir hom.

Magda ·

Plaas die Regering eerder konsentreer om Skole wat nie die nodige Sanitasie en elektrisiteit geriewe het nie deaar oprig, as om GELD te mors op goed wat NIE nou nodig is nie.

Gert Midstream ·

Geen demokratiese bestuursbeginsels word toegepas nie. Kanalisering van onderrig hulpmiddels na gemeenskappe sonder enige monitering. Boemlose put. Geen eienaarskap deur Dept Onderwys, geen bestuur deur skoolhoofde en geen aanspraak van ouers. Vrot. Swak. Onderwys minister regeer in media.

White Rhino ·

Ons het mos nou almal geweet dit gaan gebeur – kan net my kop skud.

wielie ·

Jaaaaaaaaaaaaa swaer so mors die belasting geld. Kan nie eers vir my eie kinders tablette bekostig nie maar die staat deel uit en mense kripeer van die honger …………. gaan voort want jy is kan skool voltooi op 20 jaar as jy nie voor dit tronk toe gaan vir misdaad nie. Net in Crime Afrika

Johan ·

Enige persoon kon hierdie diefstal voorspel het. Dit was ‘n dom projek gegewe die feit dat ons in die nuwe Suid-Afrika woon…..

Sam Brookes ·

Solank hierdie toerusting verniet verskaf word sal dit nooit na behore opgepas word nie. Ek stem saam met vorige skrywers: voorsien eerder die noodsaaklik dinge soos toilette, kos vir hulle wat nie het nie, ensovoorts. Die deprtment droom die CR-droom: hulle probeer ‘n stad bou wat onnodig is (hier is genoeg). Ek is deur die skool en universiteit sonder ‘n skootrekenaar en tablet en het uitstekende onderrig ontvang. Hou op om geld te mors!

Arno Scheepers ·

Gaan deursoek net die anc kantore…..julle sal baie daar kry.

Matt ·

Ilse dit kom daarop neer ons mag net van ‘n besigheid koop wat deur ons ander bevolking besit word ongeag die prys. Mens kan van ons eie landgenote die stelsels goedkoper aankoop maar ons mag nie. Daarom die peperduur situasie.

Saint ·

Mnr. Lesufi, doen n slaggie jou werk waarvoor jy aangestwl is, in plaas daarvan om skole wat Afrikaans as voertaal gebruik te teiken vir politieke doeleindes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.