Miljoene se salarisse aan geskorste amptenare betaal

geld 4

Argieffoto.

Die Oos-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling het sedert 2015 sowat R5,2 miljoen aan salarisse bestee vir geskorste beamptes wat deur aanklagte van onder meer korrupsie en finansiële wanbestuur in die gesig gestaar word.

Dít het aan die lig gekom in ʼn antwoord op ʼn parlementêre vraag aan dr. Pumza Dyantyi, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die Oos-Kaap.

Kobus Botha, DA-LPW en die party se woordvoerder oor maatskaplike ontwikkeling, sê agt van hierdie beamptes, wat reeds die departement byna R1 miljoen gekos het, sit steeds by die huis en ontvang steeds salarisse terwyl hul appèlaansoeke teen hul afdankings afgehandel word.

Volgens Botha het inligting in die parlementêre antwoord getoon R1,13 miljoen is in 2015 aan twee beamptes betaal voordat hulle uiteindelik afgedank is; in 2017 is R2,25 miljoen aan 17 geskorste beamptes betaal; en in 2018 is R871 000 betaal aan sewe beamptes wie se sake sedertdien afgehandel is.

“’n Verdere R949 000 is tot dusver betaal aan agt beamptes wat steeds wag op die uitkoms van hul appèlsake teen hul afdankings,” sê Botha.

“Dyantyi het onthul in 18 van die bogenoemde gevalle het die owerhede die appèlaansoeke van die hand gewys en in 11 gevalle wag beamptes steeds vir appèlsake om finaliseer te word. Nog twee beamptes is afgedank, in een geval is die aanklagte teruggetrek, een beampte se voorlopige skorsing is teruggetrek en een beampte is oorlede terwyl hy gewag het dat die appèlsaak gefinaliseer word.”

Botha meen dié syfers is aanduiding van ʼn gebrek aan doeltreffendheid in die departement wanneer dit by ondersoeke kom en dat die dissiplinêre prosesse drasties verbeter moet word.

“’n Bekwame ondersoeker moet onmiddellik aangestel word om seker te maak dat die ondersoeke en dissiplinêre verhore spoedig afgehandel word. Die DA glo geld wat bedoel is om maatskaplike dienste aan die armste en weerloosste inwoners in die provinsie te lewer, moet op daardie dienste bestee word eerder as wat korrupte beamptes beloon word met verlengde betaalde verlof terwyl ondersoeke sloer.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Geregtigheid ·

Dit is baie onvanwoordelik om so met publieke gelde te werk. Mense wat geskors word moet gaan sonder betaling. Dan sal minder korrupsie wees.

tamboti ·

Geregtigheid, bedoel jy hulle moet nie meer bonusse en 13de tjek kry nie, medies en pensioen en reistoelaes? Hoe sal hul dan hul permanente verlof kan geniet?

Michael ·

KYK mense hier gaan dit darem lekker in die land. Maar dit is hoe jou goed lyk as jy nie daarvoor werk nie

humor ·

Vir die korruptes bly dit steeds n paradys.en vir die eerbares n helhool.

Pieterv ·

Neem in gedagte dat hierdie net op regering beamptes van toepassing is. In die privaat sektor (van wie daar nou verwag word om miljoene in die All Non Compliant se “pie-in-the-sky” skemas te belê) werk dit anders!!
Lekker om met my belasting geld te mors.

alwyn burger ·

“Skors” hier te lande beteken jy gaan sit by die huis en ontvang vol salaris. Iemand anders kom in jou plek totdat hy/sy g”geskors” word. Dit is ñ Afrika manier van werkskepping en kapitaalgenerering.

Ena ·

Korrupsie en bedrog. Lyk my dit gaan nie einde kry in die land nie.

hendrik ·

Ek weet dit is munisipale hoedanighede maar al hierdie korrupsie vind plaas in ANC beheerde gebiede.
Wil jy vir my se die agbare staatspresident weet nie van hierdie diefstal nie. Hy is maar net so sleg soos al die ander “leiers” in “hoogeplaasde” posisies.
Dit is baie duidelik hulle geniet die limelight want al wat leef en beef sit elke dag op die kommisie vir staatskaping en dan gaan daar ook maar dadels van kom.

Magrietha ·

Ja nee boetie sorg vir boetie wat is nuut niks in die land is meer n verasing nie vat wat hulle wil he die hel vat ook pasop

Dina ·

Nog n duidelike bewys van hoe die ANC ons land in die grond in bestuur. G’n wonder alles is bankrot nie. Ek hoop SAners se oë gaan nou oop sodat die korruptes uitgestem sal word en daar weer goeie betroubare leiers na vore sal kom. Sulke wanpraktyke is die grootste oor saak van werkloosheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.