Miljoene se sjokolade, vleis teruggevind  

(Foto: SAPD)

Gesteelde sjokolade, huishoudelike toerusting en vleis ter waarde van R3 miljoen is die naweek deur die Wes-Kaapse polisie teruggevind.

Volgens kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het lede van die blitspatrollie Saterdag op ʼn perseel in Kensington toegeslaan nadat inligting ontvang is dat die inhoud van ʼn gesteelde vraghouer daar afgelaai word.

Twee mans, 54 en 60 jaar oud, is in hegtenis geneem terwyl hulle besig was om die vraghouer, wat sjokolade bevat het, af te laai. Die vraghouer is verlede week by die Kaapstad-hawe gesteel. Daar is ook vermoedelik gesteelde huishoudelike toerusting op die perseel gevind. Die waarde van die gesteelde goedere beloop glo sowat R1,5 miljoen.

In nog ʼn voorval is drie verdagtes, 37, 38 en 40 jaar oud, in Lingelethu-Wes in hegtenis geneem nadat ʼn vragmotor in Kuilsrivier gekaap is. Die polisie het die voorval ondersoek en dit het hulle na ʼn perseel in Lingelethu-Wes gelei waar die verdagtes in die besit van gesteelde vleis ter waarde van R1,5 miljoen betrap is en die vragmotor teruggevind is.

Al die verdagtes sal Maandag in die hof verskyn.

Volgens Traut het die Wes-Kaapse polisie die afgelope naweek altesaam 2 885 verdagtes in hegtenis geneem op aanklagte wat moord en die besit van dwelms insluit. Daar is op vuurwapens, ammunisie en dwelms beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Di ·

Genade, lyk my daar is meer kriminele in die land as wetsgehoorsame landsburgers! EEN HOOL

Jr ·

“Affirmative shopping” is die nuwe naam vir dit. Soos hulle sê “steal it, tomorrow they get more from the insurance”

Samuel ·

Goeie werk deur die SAPD. Nou moet hierdie misdadigers net nie weer op borgtog uit kom nie. Asseblief nie.

Pietertjie ·

Dis maar hoe dit gaan as die land deur bendes en sindikate beheer word, onder die dekmantel van “regering”. Hoeveel welbekende kriminele met “politieke” konneksies is al gearresteer?

Rudolf ·

Ja – misdaad is buite beheer, maar dankie aan Wes – Kaap SAPD wat nog wal gooi…….

Marcello ·

Wow !!! Dit is goed om te hoor, ek is bly ek is deel van die Wes-Kaap.

Lillian ·

Maar wie is die grootkoppe van die sindikaat? Hierdie handlangers gaan nie veel inligting gee nie en intussen gaan die sindikaat voort met hul bedrywighede…

Swerwer ·

Genade maar dit gaan te lekker in hierdie land van melk en heuning waar ander honger moet ly. Dankie SAP lede dat van jul nog jul sout werd is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.