Miljoene se skade tydens Durban-staking aangerig

Foto: Bongani Mbatha / Africa News Agency (ANA)

Die eThekwini-metro het eiendomskade van meer as R3,5 miljoen gely tydens die afgelope week se  gewelddadige betogings deur munisipale werkers.

Volgens Willies Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, sluit die bedrag nie die ekonomiese verlies en koste wat aangegaan is om watertenkers te huur in nie.

Die staking deur hoofsaaklik werkers van Durban se water- en sanitasie-afdeling en afvaldienste het daartoe gelei dat watertoevoer in verskeie gebiede dae lank afgesny is.

Die werkers staak oor die stad se beweerde eensydige salarisverhoging aan sowat 53 uMkhonto WeSizwe- militêre veterane wat onlangs in die afvalafdeling in diens geneem is, terwyl ander werkers op dieselfde salarisskaal gebly het.

Minstens 31 betogers is in hegtenis geneem tydens die betogings. ʼn Ingrypingstaakspan is intussen aangestel om gesprekke tussen die metro en vakbonde te fasiliteer en so gou moontlik ʼn oplossing vir die geskil te probeer vind.

Mchunu het gesê die krisis het ʼn verlammende uitwerking gehad op infrastruktuur, die ekonomie en die reputasie van die metro.

Willies Mchunu, premier van KwaZulu-Natal (29 April 2019) (Foto: Bongani Mbatha/Africa News Agency/ANA)

“Ons bied tans die jaarlikse Toerisme Indaba aan, wat ten doel het om nuwe werksgeleenthede te skep en broodnodige geld in die ekonomie te spuit,” het Mchunu gesê.

“Ons het nou ʼn situasie waar hotelle wat internasionale gaste huisves sonder water is. Die metro het Woensdag watertenkers na verskeie hotelle langs die strand begelei. Dit gaan groot gevolge vir ons op lang termyn inhou.”

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het intussen versoek dat alle dokumente rakende die aanstelling en salarisverhogings van nuwe werknemers in die metro se water- en sanitasie-afdeling en afvaldienste openbaar gemaak word.

“Die kwessie moet ernstig ondersoek word. Die stad probeer om ʼn gekonsolideerde begroting van R50,8 miljard goedgekeur te kry wat uit die sakke van inwoners wat reeds vuisvoos is, moet kom,” het Tim Tyrell, Outa se provinsiale bestuurder, gesê.

“Een van die doeltreffendste maatreëls om tariefverhogings te bekamp, is om indiensnemingskoste te bestuur. As hierdie proses in die gedrang kom, soos beweer word deur munisipale vakbonde, stel dit ernstige vrae oor die stad se vermoë om begrotings te bestuur en op te stel.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Juffrou ·

Meneer die Premier, dit gaan nóg groter gevolge op ń nóg langer termyn inhou vir dié verrotte munisipaliteit. Presies netsoos die vrot gemors wat in al die strate en woonbuurte ophoop. Raak ontslae van daai burgemeester en haar trawante!

Willehond ·

Kry vir julle!!!! Dis n kultuur wat julle geskep het! Geniet dit en die mense van oorsee sien dit!

Louis leeu ·

Waarom dink jy Mnr die premier gaan hou die mense nie meer vakansie by julle nie.Gaan eerder Kaap toe,dit is te vuil by julle.

Gert van Wierdapark ·

Hul kan dalk Be(k)-grotings opstel en rondstuur, maar van bestuur weet die vakansiestad se a en see maar min! Die 53 oudstryder-kaders van my sissie se geelvissie span gaan seker telling hou van hoeveel vullis-lorries elke dag loop of staan. Miskien gaan hul op ‘n skofbasis akkommodeer word =daar is mos 52 weke in ‘n jaar – so almal sal produktief besig gehou word?!

Charl ·

Wat maak die 53 beter as die res. In SA help dit nie om te praat nie brand die plek af.

Frikkie Geld en huis ·

Hulle is ouer as die ander. Die ANC se vryheidsoorlog het in 1992 geëindig, 27 jaar gelede. Die MK veterane, wat nie reeds van ouderdom of (uitputting) dood is nie, behoort nou almal 50+ te wees. In elk geval te oud om aangestel te word op ‘n askar.

Johanna Botha ·

Een stap vorentoe en 4 stappe terug met die mense ! !

Foxi ·

Ag nee wat, kla nie meer nie. Als is mos normaal. Maar die enigste uitweg nou is om die weermag in te roep. Dit ruk nou handuit ooral in die land.

Willehond ·

Weermag?? Ha ha ha!!!! Nigerie se weermag? Of watter een want ons het laaankal nie meer een nie!!! Ha ha!

Jr ·

Moenie worry want op die straatpale staan daar – ” Together we build SA. ” HA HA HA .

vra net ·

haaai….hkm is hy so verbaas….dis mos algehele ding om aftebreek en te brand.hkm so verstom….lmga

marous ·

Hulle het vir ‘n kwarteeu gesaai en nou moet die hele land stik aan die dissels …

Boerboel ·

Dis goed die gebeur. Nou het die oorsee besoekers tenminste die gemors wat in die land aangaan gesien en beleef

lewies ·

Waaroor gaan Outa se versoek rondom die dokumente rakende aanstellings en salarisverhogings? Dit sal beslis nie oor die regte redes wees nie. BEE sal bly tot SA soos Zim. ruik en lyk.

Trojaanse Donkie ·

Boerboel, ek stem 100% saam met jou. Net jammer daar is nog te veel RSA’s wat dink die land is op die regtepad. Niks netmooi niks gaan hulle wakker maak nie. ag SHAME!

Piesang ·

Mooi man nou begin dit deurkom en bewys mens moet goeie standaarde in die lewe he . Wat baie nie het nie

Cherokee ·

Met jou gebruikersnaam woon jy hier òf jy wil hier woon. Ons land is Piesangland.

Stella ·

AS hulle kan,of wil,of”omgee”,,luister na daai liedjie waar n bekende groep sing,”Don’t kill the world”she’s all we have,,dit geld vir die hele wereld,want domkoppe is oral

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.