Miljoene se vergoeding vir Esidimeni-slagoffers

Oudregter Dikgang Moseneke. Foto: Brenda Masilela/ANA

Oudregter Dikgang Moseneke het beveel dat die families van die pasiënte wat in die Life Esidimeni-tragedie dood is sowel as die oorlewende pasiënte en hul families R1,2 miljoen elk as vergoeding moet ontvang.

Moseneke wat die bemiddelingsverhoor lei, het beveel dat die provinsiale regering R20 000 moet betaal vir begrafniskoste, R180 000 vir emosionele skok en trauma en R1 miljoen vir grondwetlike skade.

“Dit moet binne die volgende drie maande in enkelbedrae betaal word,” het Moseneke gelas. Hy het die regering ook opdrag gegee om binne 30 dae berading aan die families wat geraak word te verskaf.

Moseneke het verder opdrag gegee dat ʼn monument opgerig word wat vir komende geslagte sal dien as ʼn herinnering aan die menswaardigheid en kwesbaarheid van mense met geestesongesondheid.

Moseneke het in sy uitspraak gesê die redes wat deur beamptes van die provinsiale departement van gesondheid gegee is oor hoekom die Life Esidemeni-kontrak beëindig is, was nie duidelik nie. Hy het gesê Qedani Mahlangu, voormalige LUR van gesondheid, het waarskuwings hieroor geïgnoreer.

“Haar optrede was irrasioneel en roekeloos. Sy het opgetree asof sy nie gestraf kan word nie aangesien die pasiënte en hul families nie die nodige hulpbronne het nie. Haar versteekte motief is steeds nie duidelik nie.”

Moseneke het gesê hy het bevind die staat het ongrondwetlik opgetree deur die irrasionele besluit te implementeer om die Life Esidimeni-kontrak te beëindig.

Hy het die NRO’s waarna pasiënte oorgeplaas is as “persele van dood en marteling” beskryf.

Meer as 140 pasiënte is dood nadat hulle na dié NRO’s oorgeplaas is. Meeste van hulle is dood weens wanvoeding en verwaarlosing.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Daan Erasmus ·

Wat gebeur het is hartseer en baie onnodig. Die skuldiges moet boet.
Maar dit is nie “die regering” wat gaan betaal nie. Dit is die belasting betaler. Hoe hartseer dit is, dit is nie ‘n broodwinner wat dood is nie. Geen rede dat mense moet ryk word uit die nie.

Hendrik van George ·

Korrek. Lekker meevallertjie- nie veronderstel om stink ryk te word uit die tragedie nie. En onthou, ons as belasting betalers word gestraf vir die onbeholpenheid van ANC kaders…

Oosie ·

Dankie U Edele. Die Staat kan sy straf betaal met onskuldige belastingbetalers se geld, maar wat se straf kry die skuldiges? (As iemand gestraf word vir een of ander finansiele skema wat skeef geloop het gaan hy/sy lank tronk toe – hier is mense doodgemartel)…

Hanna ·

Wonder hoeveel van hierdie “familie” enigsins die moeite gedoen het om vir hul naasbestaandes in die inrigtings te gaan kuier? In die twee staatshospitale vir verstandelik gestremdes waar ek gewerk het, het bitter min v ons pasiente OOIT besoekers gekry! Selfs vir solank as 8 jaar by sommiges… En nou word die families ryk agv hierdie tragedie? Ek sidder.

Stem ·

Ja kyk daarmee moet ek met jou saamstem. seker net 10% wat vir hulle mense gaan kuier het want hoe kon hulle nie agterkom WAAR word hulle mense aangehou en HOE sleg dit met hulle gaan nie??? Maar R1.2 miljoen vir ‘n familielid is nie te sleg nie .. dit gaan hulle monde gou stilmaak.. !! Hoe lank vat dit vir ons om daai geld bymekaar te maak en dan moet ONS die belastingbetaler alweer daarvoor opdok ..

P ·

Dit is wat ek ook wil weet? Hulle dink mos as hulle bedank dan gebeur daar niks met hulle nie maar dit is hier waar alles verkeerd gaan, hulle kan doen net wat hulle wil en dan bedank hulle en die probleem verdwyn ook

Muffin ·

Daan ek stem 100% met jou saam. Dit was nie die broodwinner nie en hoekom moet die families verruik word.

Andrea van Vuren ·

Wat word van die agtergeblewe families van plaasmoordslagoffers? Meeste van die boere was broodwinners. Wie gaan nou sorg? Jammer, ek dink hierdie uitbetalings is buitensporig. Die meeste sogenaamde huilendes het so aangesit dit het my siek gemaak!

Westing ·

Die staat in elke dag besig om my met emosionele skok te teister met hulle besluite. Ek wil ook n paar rand he

Thys ·

Die mense wat so gekant is teen vergoeding vir die mense laat my wonder as dit jou familie was sou jy nog so gevoel het. Sies!

Alida 2 ·

Thys dit gaan nie oor die vergoeding nie maar oor wie daarvoor moet pa staan.
As dit die NRO’s en voormalige LUR vir gesondheid was wat moes opdok sou dit regverdig gewees het.

Daan Erasmus ·

Thys. Die mense moet nou geld kry. Vir wat regtig en om wat mee te maak. Dit is my geld.

aiaine ·

En waar was die families toe hul mense so sleg behandel is????. As hul besoek is, sou hul kon sien wat daar aangaan. As dit myne was sou ek al vroeg opgetree het, want ek sou hom/haar besoek het. My hard verdiende geld wat hul so MORS!!!!

Hans ·

Ek sou nie geld gesoek het wel dat die wat dit veroorsaak het moet boet vir hul dade. Om geld te gee gaan nie my hartseer en pyn wegvat of ligter maak nie, ja so ook nie vergelding tog net verandtwoordelikheid vir jou dade. Geld is al wat hul soek en dit sal mos nou als regmaak. Hul kon daai geld gebriuk het om dit beter te maak vir die patiente wat oor is en die wat volg. So ek dink dit is sies nie.

snoefie ·

daar is geen siea nie thys. regter mosaneke jer hier n bubble gehap. in al dieverwysings na doe pasiënte se families was daaer een dame wat navraag gedoen het na die gewigsverlies en kneusings op haar broer. 1 uit 140+. dit is waar die SIES inkom. die famielie wat nou so rojaal beloon word, her hulle mense weggegooi. OUT OF SIGHR, OUT OD MIND!!! hulle moet ook gestraf word. húllé het hulle weerlosedamilie weggegooi!

Vermeendes ·

Ok die staat kom sy plig nou na maar wat doen die staat nou om daai geld te verhaal van die skuliges, gaan daar beslag gele word op hulle bates en pensioene?
Dit moet gebeur anders betaal die belastingbetaler wat onskuldig is in die aanstel van die onbevoegdis.

Justice ·

Wat net so tragies is, is dat sommige van hierdie bakhand begunstigdes nie iets wou weet van hulle geestelike siek familie lid se bestaan en nie eens omgegee het of hulle sterf van die honger of nie.

Alida 2 ·

Hoekom moet die belasting geld hoervoor gebruik word?
Watter deel gaan die NRO’s en voormalige LUR vir gesondheid betaal?
Qedani Mahlangu het foutief opgetree nie ons nie. Die NRO’s is mos betaal vir die diens en sorg wat hulle nie gelewer het nie, Laat hulle nou opdok.
Laat die voormalige LUR sonder kos en in verwaarlosing bly totdat die versteekte motief bekend is. Meskien praat sy dan.
Die families gaan nie lank verryk wees nie. daar gaan soveel aasvoëls op hulle toesak. Nie al die mense weet hoe om R1.2m reg te bestee nie.

Elvira ·

Alles goed en wel. Onnodige gebeurtenis hierdie deur onbevoegde persone veroorsaak. Maar wat van die boere se families wat agterbly NA die gemoor, verniel.
en geplunder. Dis tyd dat hulle ook vergoed word.

Heleen ·

Dan moet famielies van vermoorde plass boere OOK VERGOED WORD!

asaine ·

Stem saam Heleen. Die boer was tenminste die broodwinner ook.

Johan. H. ·

Is dit nie maar net n manier om hulle te verryk nie, Kyk die regering , kry die onbetroubaarste mense as ministers, net om later n goue handdruk te gee, Volgende asb,,Hoop nie jy het enige bevoegtheid nie,, ons kan jou gebruik!!!

piper ·

by die meeste van hulle gaan daar niks meer geld oor wees teen die einde van die jaar. die meeste van hulle het elk geval jare laas n besoek ontvang. manna van die hemel,

HPV ·

Dit is ‘n siek stelsel. Die regering is verantwoordelik vir die mense se dood maar ons moet nou daarvoor betaal! Dit is waarom ek siek, sat en g*tvol is vir hele ou spul is. Dit hou net aan en aan, die einde is nie eers in sig nie. Betaal, betaal, bodemlose put!

Marie ·

Ek stem honderd persent saam Daan wat word van die skuldiges vat hulle besittings en pensioen geld hoekom moet die mense wat belastings betaal daarvoor instaan…. Wat van die boere wat vermoor word ……. Hulle geliefdes moet dan ook vergoed word!!!!!

Lolla ·

Marteling se jy? Ons Boere wag ook vir daardie fondse! Plaasmoorde kom met n ander “martelling” deffinissie. So ons Boere soek dubbeld en trippel daardie uitbetalings! Boere kwalifiseer heel eerste op daardie marteling en skok lysie hoor.

SjN ·

Probleem opgelos, geld ter sprake, geliefdes vergete, sommiges nooit besoek, het niskuldiges skotvry, onuitputbare bron van inkomste wat deur die minderheid betaal word,

Elma ·

Wens slagoffers van midaad se mediese kostes word betaal en dat hulle vergoed word…

Colleen ·

Hoekom moet die belastingbetaler nou weer opdok? Die skuldige partye moet mos betaal en wie het die bedrag van R1.2 miljoen bepaal?

kas ·

Elvira,jy het ‘n baie goeie punt beet.Plaasaanvalle resorteer onder die polisie.Wat van daai slagoffers wat sonder ‘n broodwinner sit.Dit is so onregverdig.Daai mense was nie broodwinners nie maar die families word verryk.

Nicolaas ·

Ek dink in die eerste plek het die agbare regter nie die regskrag om so ‘n skadevergoedingsbevel te maak nie. Dit is ‘n bemiddelingskommissie. Hy kan hoogstens aanbevelings maak, selfs al is dit ‘n volwaardige regterlike kommissie. Die oorledenes was nie broodwinners nie, hulle was self afhanklik vd belastingbetaler. Waarvoor die R1m toekenning? Wie se grondwetlike regte is geskend – die families s’n? Ek dink nie so nie. Siviel regtelik fouteer die man. Die agbare regter is besig om ‘n regspresedent hier te skep en hy besef dit blykbaar nie. Selfs vroue wat deur polisiemanne verkrag word ontvang nie sulke bedrae nie. En wie is die slagoffers – ma/pa/boetie/sussie, waar word die streep getrek? Die bedrag wat die agbare regter voorstel is belaglik. Nou gaan die Marikana slagoffers se naasbestaandes seker dubbel dit kry. So reg uit my sak. Kan die regering nou sien waarom mense al hoe meer traag raak om belasting te betaal? Om nie vd 16 miljoen te praat wat op toelaes lewe nie, waarvan seker goed die helfde te lui is om te werk

EJ ·

Sommer net so. Nou moet ons betaal vir dit wat hulle aan gejaag het.

SjN ·

Wat gebeur met die skuldiges? Hoe gaan daar bepaal word aan wie(bloedverwant) die fondse uitbetaal gaan of verdeel word? Die spreekwoord bly waar dat geld wat stom is maak reguit wat krom is.

PATTY ·

Kan daar nie Appel aangeteken word teen die uitspraak/voorstelling nie? Skuldiges kan dan so gou Appel aanteken teen hul uitsprake, hoekom kan ons as belastingbetalers nie Appel aanteken nie. Wonder of daar so instansie is?

Jef ·

Wat moet ek verstaan onder Oudregter, is dit n ander naam vir hoofregter of is dit n regter wat gepensioeneer is maar in vrye tyd sy amp nog uit oefen?

BOERE ook asb ·

HOEKOM is daar nie STRAFREGTELIKE gevolge ook vir hierdie skarmunkels nie? NOU MOET MY EN JOU BELASTINGGELD weer daarvoor gebruik word .. wat van hou die persone PERSOONLIK hiervoor aanspreeklik. Te lekker in SA as jy droogmaak betaal die VUISVOOS belastingbetaler vir jou foute. En JA ek is bly vir die gesinne wat die geld kry . maar wragtie weet hoekom moet EK dit betaal? Ek het geen aandeel daarin gehad nie .. HOEKOM vergoed hulle nie ook die BOERE SE FAMILIES nadat ‘n boer en broodwinner wreed vermoor is nie . ek glo R1.2 miljoen aan elke BOER se familie wat vermoor word agv aanhitsing tot geweld en rassisme sal ook die gesinne BAIE HELP>

Ja Wohl ·

Grondwetlike skade wat die boere ly deur die GRONDWET wat hulle nie beskerm nie – almal moet vry en veilig wees in die land dan nie – maar die Boere wat vermoor word (wat WEL die broodwinners was) se gesinne kry niks. .. KOMAAN AFRIFORUM, nog ‘n sakie vir julle . kom veg vir die boere se families se REG om ook geld te kry want hulle ly ook GRONDWETLIKE skade soos die Edelagbare dit hier verduidelik.

Jack Klok ·

Hierdie uitbetaling van R1.2miljoen per slagoffer/gesin is skandalig. Die regering is reeds in fiansiele moeilikheid en druk belastingbestalers dat hulle oë traan maar wil nou hulle onbevoegdheid en aandadigheid aan hierdie tragedie toesmeer/versuiker deur groot bedrae geld te gee aan mense wat dit nie verdien nie. Watter finansieële verlies het die gesinne/families van die slagoffers gely? Dis net weer ‘n omkopery van slagoffers met ander mense se geld om die hele aangeleentheid vinnig onder die mat in te vee. Die ander mense is ek en jy, ja alle hardwerkende belasting betalers.

Astrain ·

Baie van daardie sg “familie” het die gestremde en versteurde familielede nooit besoek nie…hoe kan jy van hongef sterf as jy ondef n waaksame oog van jou familie in n institusie woon??? Nou word die belastingbetaler weer hiermee belas…betaal en betaal ons vir die onbevoegde en korrupte staatsamptenare??? Wat gaan hulle betaal??? Ons moet die hele lot siviel dagvaar om te betaal aan ons, die belastingbetalers vir hulle growwe nalatjgheid en moord. Dis onbillik dat familielede wat nie eens GEWEET het waar die mense hulle bevind nie, nou verryk word deur die dood van hierdie individue nie. Dis uiters onbillik!!! ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.