Miljoene se vervalste goedere tydens klopjag gevind

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Gautengse polisiebeamptes en lede van die Valke het Dinsdag tydens ʼn klopjag op ʼn gebou in die Johannesburgse sakesentrum op vervalste goedere ter waarde van R60 miljoen beslag gelê en agt mense in hegtenis geneem.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê die polisie, die Valke, beamptes van binnelandse sake, beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en doeane-beamptes was almal deel van die klopjag waartydens 120 winkels in die Quebec-gebou deursoek is. Die beamptes het op miljoene rande se vervalste klere, sakke, grimering, bykomstighede en juweliersware met handelsname soos Gucci, Louis Vuitton, Dolce & Gabbana, Adidas, Nike, Puma en Soviet afgekom.

“ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy een van die beamptes wat sy winkel deursoek het probeer omkoop het. Nog sewe ander mense is in hegtenis geneem omdat hulle nie wettige dokumente gehad het om in die land te wees nie,” het Mulamu gesê.

Hy het gesê die klopjag was fase 1 van ʼn uitgebreide operasie wat spesifiek daarop gemik is om oortreders wat betrokke is by handeldryf met vervalste goedere, belastingontduiking, geldwassery en mensehandel vas te trek.

Lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, nasionale hoof van die Valke, het die beamptes gelukgewens met die operasie en die inhegtenisnemings. “Ons waarsku persone wat betrokke is by die verspreiding van vervalste goedere dat hulle vasgetrek sal word en aan die pen sal ry. Hierdie operasie help om die werk van gewone Suid-Afrikaners in die tekstiel- en kleinhandelbedryf te beskerm,” het Ntlemeza gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lance ·

Asof dit vir die eerste keer gebeur …mos al LAAANKAL beskikbaar …nou skrik hulle eers wakker hehe en nou word daarop beslag gelê ….net more word dit weer uit die polisie se ”R” stoor gesteel en so verkoop iemand anders weet die gesteelde en vervalsde goederre …bose kringloop !

snoefie ·

LET WEL….ag mense is in hegtenis genoem . Een vir poging tot omkopery en sewe mense wie nie dokumente gehad het om in die land te wees nie aka ONWETTIGE IMMIGRANTE. niemand is in hegtenis genoem vir handeldryf met vervalsde goedere nie. wat is due doel van die klopjagte dan? recycling?

ho ho ho ·

Hoeveel van die goed gaan gegee word as kersgeskenke ipv bewaar word as evidence . Ons het mos al gelees van hoe vinnig goed kan wegraak.

Vygie ·

Heel eerste in my kop die mense op straat wat dit verkoop en geen inkomste gaan hê nie, dus enigste uitweg… Tweedens; Gee dit vir die armes…. want hoeveel het niks en al is dit vervals is dit beter as verbrand of vernietig.. Gooi dit uit die lug soos ‘n verlore bottel in Afrika sodat iemand kan baat vind…

Hoekom ·

Alles goed en wel. Maar in plaas van geweldadige kriminele vas te vang,mors hulle ons geld om die maklike “petty crime” diewe vas te trek. Selfde gesien in die area waar ek bly. Hou n pad blokkade in spits tyd, neuk die verkeer totaal en al op maar vroer af in die straat doen die taxi’s net wat hulle wil. Polisie wil altyd net die gemakilik werk doen.

hoe nou ·

Is dit nie SARS se werk om op die tipe goed beslag te le en ook om permite en tax nr te check. Dalk wou iemand n ietsie vir kersfees kry vir n geliefde. Hoekom wag tot nou wat het hulle die dan gedoen van die begin van die jaar tot nou. ????

wat wou ·

Wie het bepaal dat die goedere se waarde RM60 is. Dit is n duimsuig.

agie ·

Polisie was gewapen met
calculators en bionic eyes . Dit is hoe hulle kon bepaal die waarde is R60 miljoen

Kobus 4e ·

90% van die mense se kommentaar is regtig snedig en ongevraag. Die polisie doen net hulle werk om die namaaksels uit die strate te hou, maar lyk vir my onderlangs koop julle klomp suures dit om ook met “brand names” te spog. As julle ophou om die gemors te koop kan die polisie meer mense na ander afdelings ontplooi.

Wouter ·

Dankie Kobus. Wat van al die nagemaakte goed op straat, kers markte en China malls? SARS kan dalk meer doen?

LeonR ·

Vang die werklike kriminele, moord, roof, kapings.

Dan sal ons hande klap

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.