Miljoene spandeer aan leë premierswoning

Die Gautengse premier se amptelike woning. Foto: Google Maps

Die Gautengse premier se amptelike woning. Foto: Google Maps

Daar is glo miljoene rande bestee aan instandhoudingswerk soos tuindienste en loodgieterswerk by die Gautengse premier se amptelike woning in Bryanston.

Volgens Jack Bloom, DA-lid van die Gautengse wetgewer, is daar sedert Mei verlede jaar meer as R4 miljoen bestee aan loodgieterswerk, tuindienste, skoonmaakdienste en elektriese en swembadinstandhouding.

Die huis in Bryanston, noord van Johannesburg, is vir R2,47 miljoen opgeknap. ʼn Minigholfbaan is in ʼn parkeerruimte omskep, die lekkende dak is reggemaak, alle deurslotte aan die buitekant is vervang en die huis is geverf en gemeubileer. Bloom het gesê die inligting is deur Nandi Mayathula-Khoza, LUR vir infrastruktuurontwikkeling, bekend gemaak tydens vrae in die provinsiale wetgewer.

“’n Totaal van R4,2 miljoen is sedert Mei verlede jaar aan die amptelike woning van die Gautengse premier bestee hoewel die premier nie meer daar bly nie,” het Bloom gesê. Daar is glo onder meer R448 000 aan loodgieterswerk bestee en R309 000 aan tuindienste. “Verder is daar R227 000 aan water en ligte bestee en R195 000 aan eiendomsbelasting.”

Volgens Bloom is die huis in Maart 2004 vir R11,5 miljoen gekoop vir die gebruik van die destydse premier Mbhazima Shilowa. Bloom het gesê daar is sedertdien meer as R20 miljoen aan die huis bestee.

Volgens Bloom het Mayathula-Khoza aan die wetgewer gesê dat die kantoor van die premier die huis gebruik vir amptelike sake-afsprake met plaaslike sowel as internasionale gaste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Deloris ·

Ja Ruby ek stem saam … hier gaan ons geld al weer !!!!!

Petro ·

Ek gaan van nou af tuindienste doen by Premier se huis – koel R309 000 vir ‘n jaar se werk – R179 000 meer as wat ek nou verdien EN dis lekker outdoors!

Dewald ·

As ons ophou om belasting te betaal sal daar nie meer geld wees om hul self te verryk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.