Miljoene stroom na kiesstasies

Sy Mamabolo. Foto: ANA.

Die verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) het Dinsdag die meer as twee miljoen kiesers wat hul besonderhede die naweek bevestig of op datum gebring het vir die 2019 nasionale- en provinsiale verkiesings bedank.

“Die OVK wil die miljoene Suid-Afrikaanse kiesers bedank vir hul oorweldigende reaksie op die beroep om die kiesersrol voor volgende jaar op datum te bring. Altesaam 2,7 miljoen mense het die kiesstasies oor die naweek besoek, en óf geregistreer as nuwe kiesers óf hul registrasie op datum gebring. Dit was een van die besigste kiesersregistrasie-naweke in die afgelope paar jaar,” het Sy Mamabolo, hoofverkiesingsbeampte, in Pretoria gesê.

Mamabolo het gesê van die 2,7 miljoen kiesers het 1,3 miljoen van die geleentheid gebruik gemaak om te herregistreer in hul huidige stemstreke. 880 000 kiesers het hul registrasie na ʼn nuwe stemdistrik geskuif en 490 000 is nuwe stemmers wat vir die eerste keer stem.

Van die 490 000 nuwe kiesers is 8% onder die ouderdom van 30 en 54% van hulle is vroue.

“Die meeste nuwe registrasies was in Gauteng met 23,69%, gevolg deur KwaZulu-Natal met 18,78% en Limpopo in die derde plek met 17,03%,” het Mamabolo gesê.

Daar is nou altesaam 26,2 miljoen kiesers in Suid-Afrika geregistreer. Daar word geskat dit is sowat 75% van die kieserspopulasie wat in aanmerking kom om te stem, gebaseer op statistiek van Statistiek SA.

“Indien die registrasie-naweek ingereken word, is die Oos-Kaap die provinsie met die hoogste persentasie registrasie met 87%. Die Vrystaat volg met 82% en KwaZulu-Natal, Limpopo en die Noord-Kaap volg met 79%. Gauteng is in die laaste plek met 67,3%,” het Mamabolo gesê.

Meer as 50 000 geregistreerde kiesers het die OVK se webtuiste en app gebruik om hul besonderhede na te gaan en op datum te bring. “Sedert die aanlynfasiliteit verlede jaar van stapel gestuur is, het meer as 100 000 kiesers dit gebruik om hul besonderhede na te gaan en op datum te bring. Die webtuiste en ons app is 24 uur per dag beskikbaar,” het Mamabolo gesê.

Volgens hom is die gemiddelde tyd wat kiesers op die app deurbring net onder ses minute.

Die kommissie het hul “diepste waardering” uitgespreek vir almal wat gehelp het om die naweek ʼn sukses te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AI TOG ·

Julle bly maar USELESS. EK het my adres AANLYN verander en toe ek gaan ‘check’ of ek geregistreer is se hulle WEER ek is nie geregistreer in die area waarin ek woon nie .. wel WAT MOET EK MEER DOEN?? USELESS soos gewoonlik .. dan stem ek maar nie .. dan is ek maar ook net so useless, julle gaan seker nie een stem mis nie.

Presies so ·

Dit het presies so met my ook gebeur en daarom het ek toe maar fisies na die stemlokaal gegaan om n vorm in te vul en seker te maak dat ek wel gerigestreer is maar dit bly vir my vreemd en bedag dat die online registrering my onmiddelik na n ander distrik oorgeplaas het.

Heleen ·

Waarvan ‘n hele paar miljoen buitelanders is…gaan kyk maar hoe baie word verniet behandel by regerings hospitale…

zoom zoom ·

Nou weet ek ook hoekom die EX Prez Mugabe van Zim in SA was. Hy het sy regestrasie kom nagaan van sy huis in SA om te kan stem in 2019. Weet nie waar die Guptas gaan stem nie maar Gigaba sal seker sorg vir hulle daam met Abrams van NVG. Ek self gaan stem vir NBS – naaste bottelstoor.

shark ·

Hulle gaan anycase alles vernietig wat hier opgebou was……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.