Miljoene stroom na SA in feestyd

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, en Mkuseli Apleni, direkteur-generaal, tydens die mediakonferensie in Pretoria. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, en Mkuseli Apleni, direkteur-generaal, tydens die mediakonferensie in Pretoria. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Meer reisigers het Suid-Afrika tydens die afgelope feestydperk besoek vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar, het die departement van binnelandse sake Woensdag aangekondig.

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê vanaf 9 Desember verlede jaar tot 14 Januarie vanjaar het 5 504 022 mense deur die land se grensposte Suid-Afrika binnegekom. Dit is 200 467 of 3,78% meer as dieselfde tydperk verlede jaar.

Volgens Gigaba dui die verhoging in die getal besoekers daarop dat Suid-Afrika ʼn aantreklike toeristebestemming vir die wêreld is. “Die toptien nasionaliteite wat Suid-Afrika in hierdie tydperk binnegekom het, was van Lesotho, die Verenigde Koninkryk, die VSA, Duitsland, Zimbabwe, Mosambiek, Swaziland, Botswana, Namibië en Zambië,” het Gigaba gesê.

“Die besigste grensposte was die Internasionale Lughawe OR Tambo, Beitbrug, Lebombo, Maserubrug, Ficksburg, Kaapstadse Internasionale Lughawe, Oshoek, Kopfontein, Ramatlabana en Groblersbrug.”

Gigaba het gesê afgesien van die mense wat deur die grensposte beweeg het, was daar ook ʼn vermeerdering in goedere wat die land ingekom het. Toeriste het nie net vir vakansie na Suid-Afrika gestroom nie, maar ook vir sakedoeleindes, indiensneming en onderrigredes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JA ·

Hoekom sê hy nie ook van watter van daardie lande het die meeste gekom en hoeveel is werklik weer terug na hul tuislande nie.

Rob ·

Haaa haaaaa ha ek stem saam ,ek het my Amper dood gelag oor hierdie nuus berig. (Joke of year award )

wilma ·

Kon dink meeste van Afrika lande. Dan pleeg hul misdaad en di ander bly soma agter en in di tussen tyd stygSA se bevolkings aanwas

Uys ·

Wat is ń toeris
Toeriste bespreek en betaal verblyf.
Eet nie net by familie en friende nie.
Toeriste besoek toerste aantreklikehede en betaal toegang.
Die meeste klink na landsburgers wat maar net vir familie kom kuier het wat in SA woon.

Sterretjie ·

Dis nie die gewildste nie, dis die GOEDKOOPSTE. EN daarvoor sorg Zuma en al die ander parlementariers met hulle onverskillige uitsprake, dit is GOEDKOOP agv die rand se waarde teen enige ander Europese land se geldeenheid. Gaan lees maar boekies en inligtingstukke by Toerisme kantore, wat se mens oor SUID AFRIKA se veiligheid, en misdaad, moorde en verkragtings hier .. mense is maar altyd in vir ‘n BARGAIN en SA is ‘n BARGAIN met sy swak rand, moenie te veel waarde aan die gewildheid van SA heg nie.

Windhond ·

Wonder of die massas wat met besiting op die kop die lands riviere oorsteek by die duisende elke dag, ook kom feesseisoen hou het? Miskien moet Gigaba hulle bytel dan lyk die syfers dalk nog beter.

Aneja ·

Ek stem, dit is nie werklik toeriste nie daar is baie onduidelikhede en vrae rondom sekere lande se BESOEKERS. Waarom hoor ons nie liewer van die nood en brandstigting in Wes Kaap nie, dit is naakte werklikhede

Carel ·

Sekerlik ook ‘n kwota wat met die stroom verdowings middels en ander onwettige items ingesmokkel het, hulle ken al die wetteloosheid en polisie in ons land.

Lance ·

Die ou hou hom baie slim met sy bril …intussen stroom ”toeriste” oor die grens van zim sonder enige dokumentasie ….wat n joke !

HEVW ·

n Baie groot % is Suidafrikaanse hoogs opgeleide mense met ondervinding wat as werkloses die land verlaat het en gekom het om darem n paar dae saam met hul geliefdes te wees.

Deon ·

Al wat hierdie statistiek op dui is dat 5m mense deur die grensposte beweeg het. Om voor te gee dat die RSA Meer toeriste ontvang het kan nie van hierdie info afgelei word nie. As die tydsbestek in ag geneem word en die grensposte dan is dit eerder migrasie arbeiders wat he en en terug beweeg.

Pete ·

Dom vraag: waarheen het hulle gegaan? Wie was hulle? Ons kon vryelik inry stad toe! Parkering was nooit ‘n probleem. V&A Waterfront was meesal nie besiger as op ‘n naweek nie, Seepunt Swembad dieselfde. Gewilde seefront-restaurante was baiemaal bykans leeg met slegs ‘n paar gereelde plaaslike besoekers te sien. By ‘n gewilde toerisme-agentskap was bykans geen instapbesigheid nie en iemand daar het na bewering 75% minder as gewoonlik verdien.

As tienduisende armes goedkoop reis en by familie tuisgaan, is dit nog toerisme? Ek dink dat die maatstawwe waarmee gemeet word, nie rasioneel is nie.

Dertien jaar gelede kon jy skaars loop, vergeet nog van parkering of sitplek kry by die Waterfront. 2016 was herhaling van 2015. Baie oop sitplekke in restaurante, verkeer vryvloeiend, ens. Daar was slegs een effens besiger week uit vyf of ses vakansieweke.

Groete uit Kaapstad.

Dan ·

Lyk of die besoekers van Afrika nie gaan terugkeer na hul lande nie. Gaan ry in die stad Pretoria en die stad Durban, dit krioel van die mense. Ek was stomgeslaan oor wat ek pas gesien het, en in sommige dorpe is dit presies dieselfde. Waar kom al die mense skielik vandaan? 54 miljoen mense in SA is die grap van die jaar, hier is waarskynlik dubbel daardie getal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.