Miljoene Suid-Afrikaners gereed om te stem

Argieffoto

Argieffoto

Die stemproses in die 2016 plaaslikeregeringsverkiesing het Woensdagoggend om 07:00 begin en stempunte sluit vanaand om 19:00.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het kiesers daaraan herinner om hul geldige identiteitsdokument saam te neem – die oorspronklike groen strepieskode-boekie, die slimkaart-ID of ʼn geldige tydelike identiteitsertifikaat.

Bykans 26 miljoen mense het geregistreer om te stem. In sommige gebiede is daar reeds berigte van lang rye buite stempunte.

In Joubert Park, Suid-Afrika se grootste stemdistrik, staan kiesers al van vroegoggend in ʼn ry.

In Eshowe, KwaZulu-Natal, het beamptes van verskeie politieke partye hul tafels buite die stempunt by Eshowe High School opgestel. Pres. Jacob Zuma sal in die provinsie by Nkandla stem.

Die OVK het gewaarsku dat dit onwettig is om ʼn selfie met ʼn stembrief te neem. Jy kan #ivoted op sosiale media gebruik om met vriende en familie te deel dat jy gestem het, maar jy mag geen selfie neem met ʼn gemerkte stembrief nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Edward ·

Wat is die rede vir die verbod op selfies met jou stembrief? Almal wat ek ken weet ek gaan DA stem. Almal weet Juju gaan vir die EFF stem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.