Miljoene tydens rooftog by lughawe gesteel

Argieffoto

Argieffoto

Die Valke, polisie en die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het bevestig ʼn rooftog het Dinsdagaand by die OR Tambo-lughawe plaasgevind.

Volgens Acsa het die rooftog omstreeks 19:45 plaasgevind. “Geen skote is afgevuur nie en niemand is beseer nie. Die rowers het gevlug en dis nog nie duidelik presies wat gesteel is nie,” het Acsa in ʼn verklaring gesê. “Die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Acsa werk nou saam met ander wetstoepassingsagentskappe om die verdagtes aan te keer.”

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, het vroeër gesê hy is bewus van die rooftog en dat ʼn span ondersoekers en beamptes van misdaadintelligensie na die toneel gestuur is. Kol. Athlenda Mathe, Phahlane se woordvoerder, het gesê hulle sal later meer inligting bekend maak.

Sy kon egter nie berigte bevestig dat minstens R24 miljoen van ʼn vliegtuig gesteel is kort nadat dit geland het nie. “Ons kan nie in dié stadium sê hoeveel geld is gesteel is nie.” Volgens ander mediaberigte is tot R45 miljoen gesteel.

Kapt. Ndivhuwo Mulama, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn span is na die toneel gestuur. Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, het ook net vroeër bevestig daar was ʼn rooftog en dat ʼn onbekende aantal verdagtes met ʼn onbekende bedrag kontant weggekom het.

“Die aangeleentheid kry dringend aandag van wetstoepassingsagentskappe. Ons kan nie in dié stadium meer besonderhede bekend maak nie hangende die uitkoms van die ondersoek,” het hy gesê.

In 2006 is R100 miljoen gesteel tydens ʼn rooftog by OR Tambo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

snoefie ·

R24/48 miljoen van een vliegtuig af? net een manier dat die regte vliegtuig geteiken kon wees. iemand het hulle vertel. maar die getroue kiesers is waaghalsig. hoeveel sekuriteitswagte is ten alle tye net nie teenwoordig nie?

Jef ·

Nou die tweede keer dat die boewe by dieselfde lughawe toeslaan het blykbaar nie van die eerste rooftog geleer dat beveiliging aangeskerp moes word nie.

Tiep ·

Dit is waarom hulle destyds van O’Sullavan ontslae geraak het as hoof van sukuriteit by die lughawe. Sodat hulle makliker kan steel my kind. Nou word hy vir snert aangekla want hy is steeds in doring in die vlees vir die ANC. Raai wie het so baie mag om die ou deurgaans te vervolg/ af te dank. Nou kan hulle lekker steel by die lughawe en niemand pla hulle nie. Viva Nkandla!

w ·

Is kriminele vasgetrek wat eerste keer gesteel het. Tyd dat doodstraf vi sulke misdaad waar miljoene gebuit word ingestel word. Kommuniste glo ni aan doodstraf. Hul bevorder liewer misdaad soos ons oral kan sien

Basson ·

Maar o wee, moet net nie WAAG om per ongeluk ‘n naelknippertjie in jou jandbagasie te he nie.

marianna ·

Sal nie verbaas wees as waarnemende polisiekommissaris later iets sal ontvang nie.!

Piet Pompies ·

Vliegtuie wat goedere vervoer se werks area is nie naby die lughawe toegangs gebou en sekerheid is nie so streng. Dit is basies ‘n person by ‘n hek wat toegaang verleen aan voertuie om goedere by vliegtuie te gaan op of aflaai.
Met so bietjie hulp van binne oor watse goedere afgelewer word is dit maklik om dit te roof.

Freud ·

Wat ñ joke. Hulle weet nog nie wat is gesteel nie maar hulle weet daar is miljoene gesteel. en dan berig verskillende media nog van verskillende bedrae in die miljoene omgewing.
Gelukkig begin ek die dag met ñ lag.

Dirk01 ·

Hier kom n groot blik met wurms indien die valke suksevol is dit is alom bekend dat polisie betrokke is by dwelms smokkel en ander misdade by die lughawe , dit is tot onlangs deur die polisie hoof wat in sy 8 miljoen rand huis woon erken met sy speechy in parlement .

CJ ·

Hulle is ‘n dag, laat! Die groot bedrag was gister afgelewer. Tipies verbrouery, Afrika tyd!
??

CJ ·

Verbrou! Die groot bedrag is gister afgelewer! Afrika-tyd……. ?

Piet Le Roux ·

Die BBC het berig dat daar beslag gelê was op die geld deur voledige geklede “polisielede” met ‘n polisie voertuig, hulle het nie gevlug nie maar eenvoudig weggery….vir al wat ons weet was hulle polisielede!

foxi ·

Piet…….ja natuurlik…..wie anders kan dit wees……….

Karma ·

Nou vra ek jou ook waarheen was daardie spul geld heen oppad? Daar is sekerlik beter maniere om geld te verhandel as om dit in noot-waarde per lug te vervoer, wat dit ‘n groot sekuriteitsrisiko maak? Nee wat, hierdie hele ding skreeu “Inside job!! Inside job!!” uit van begin tot einde.

Varkie ·

Se wat julle wil, dit was een goeie beplande roof, jy sien maar min van dit deesdae, net toe ek dink sulke rooftogte het doodgeloop oor nuwe tegnologie en sekuriteit, en daar gebeur een by ons eie lughawe hehe

Johan Kotze ·

Ek is in die tagtigerjaare deur ‘n lid van die FBI in Amerika meegedeel dat “georganiseerde misdaad” alleenlik as “georganiseerd” verklaar kan word indien daar staatsinstellings/amptenary betrokke is by so ‘n misdaad. As Suidafrikaaner ondersteun ek hierdie definisie ten volle. Hierdie rooftgte is beslis georganiseerd.

Tiep ·

Die valke moes die diefstal ondersoek, maar hulle is ongelukkig net te besig om die vorige baas van sukuriteit, Paul O’ Sullavan te vervolg, so ek dink hulle het nie nou tyd nie.

Cherokee ·

Dit bring ons terug by ‘n feit wat ek male sonder tal in hierdie en ander forums genoem het. Keer op keer het ek gevra waarom dit nie tegnologies ontwerp word dat geldkluise wat oopgedwing word, ‘n kleurstof vrylaat wat die geld vlek en dus onbruikbaar maak nie. Ek is ook al verseker dat die tegnologie om dit te doen, bestaan. Dit is so eenvoudig, so maklik om alle geldrooftogte eensklap stop te sit. Die feit dat dit nie toegepas word nie laat groot ruimtes vir onbeantwoorde vrae.

sioux ·

wie kan raai waar gaan dit afgelewer word? is daar nie fotos van die rowers an hulle voertuie beskikbaar nie? hulle was dan op die aanloopbaan.

cor ·

Di is seker deel van die radikale verandering en ekonomiese bemagtiging waarvan daar so baie die laaste tyd in die nuus is. Onteining van wit kapitaal.

Deloris ·

Die boeties kyk na mekaar binne is hoekom dit so maklik gaan….

Piet ·

Wat van hulle maak n movie van dit. Iets soos The South African Job.
hahaha

Ralph ·

Ander berigte praat van R120 miloen. Sou graag wou weet wie se geld gesteel is.

Dabo ·

Ek sal graag wil weet hoekom daar so baie kontant op ‘n vliegtuig vervoer word ? Is dit Suid-Afrikaanse geldnote wat iewers in die buiteland gedruk is ? Indien wel, hoekom kon dit dan nie in Suid-Afrika by die munt gedruk word nie ? Is die rede dat die risiko by ons dalk baie groter is dat daar dan nog meer miljoene sal verdwyn.

sioux ·

was dalk n Gupta joppie. daarom dat die rowers die wie, wat en waar geweet het.

Akram ·

Die rede waarom die kontant nie elektronies oorbetaal word nie is volgens my mening die volgende: As dit deur die banke gaan, is dit effens moeilik om belastings te ontduik. Die kontant is makliker om te steel op n vliegtuig. Dis harde cash wat hier bekom kan word. Die cash is onmiddelik beskikbaar.

Dabo ·

Sal graag wil weet of dit Suid-Afrikaanse geldnote is wat in die buiteland gedruk is . Kan die geldnote dan nie plaaslik by die munt gedruk word nie. Miskien is die kans baie groter dat as dit hier gedruk word die diefstal miljoene Rande meer sal beloop. Daar is sprake van die uiterste nalatigheid. Hoe kan ‘n sekuriteitsarea binne gegaan word en hulle weet nie eers hoeveel persone betrokke is nie.

David ·

Verskoon my onkunde, maar wie en vir wat sal hulle soveel kontant op ‘n vliegtuig vervoer?

Johann ·

Laat my dink aaan die groot treinroof van 1963. Ronnie Briggs, “eat your heart out”. As jy nog daar buite is, kom kyk hoe maklik word dit in Suid-Afrika gedoen. Julle ouens van toenterjare se groot geldrowe, julle het verseker dit nie so maklik gehad nie.

Annie ·

Ek sal enige iets can ons regering verwag … sakke sleep al op die grond … maar is nooit genoeg nie. Hierdie land is walglik en haaglik

Gerald ·

Moenie op hol gaan nie mense, ek dink nie dit was roof nie ek dink dit was ‘n Gupta aflewering aan Nkandla daarom het die polisie die geld gaan afhaal daar is baie monde wat moet eet. (So bietjie tong in die kies)

Daan ·

Ronald Briggs is nou al 90 as hy nog lewe.Gaan sukkel met sy valstande.Dis darem sy eie tande,hy het nog die kwitansie daarvoor. (Terwyl ons so lekker nonsens praat…)

Carl ·

Daar was n pakkie oppad na my toe voor ek gehoor het van die roof nou is ek bekommerd dat my pakkie dalk kon deel was van die roof. Of te wel ek hoop nie so nie. Ek wag al lank vir die pakkie.

Johann ·

Die polisie kan nie eens geld of eiendom op die lughawe se perseel beveilig nie, nou kan ons mos sien waarom hulle ook nie na die burgers in die land en die boere op die plase se veligheid kan omsien nie. Lyk my dit is maar net bo hul vuurmaakplek.

marous ·

Wag ‘n bietjie , het hulle nie nou die dag ‘n toekenning gekry vir paraatheid nie? Bwahahahhaaa!

AES ·

Dis tien teen een ń paar banke se “cash” wat rond gevlieg word!
Inside job by die banke asook op die lughawe!

nhk ·

Wel..wel hierdie roof klop briggs en die stander bende. Dus nou so maklik as n vingerklap. Eish

Akram ·

Ek sou nou weer die bedrag wat vermoedelik gesteel is ver drie dubble. plus edel gesteentes en goud. sodoende sal die hoof van die rampokkers die trawante vasvat en hulle squeeze en wil weet waar is die res van die loot.

Johann ·

Ek sien hulle berig elders daar was verlede jaar 6 soortgelyke gevalle op die lughawe.

Voorlaaier ·

(sing)..Ek sou kon doen met i miljoennn!…………. Of 24 !..??

Rina Kotze ·

Dit was fyn beplan!

Mens kan nie eens meer iemand in ‘n polisie uniform vertrou nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.