Miljoene van Tshwane-metro gesteel: Nog een vas

(Argieffoto)

ʼn Tweede verdagte is in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by bedrog, geldwassery en korrupsie van R53 miljoen.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die 44-jarige man van Durban is Vrydag deur lede van die Valke se nasionale skoonoudit-taakspan in hegtenis geneem. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Empangeni-landdroshof verskyn.

Hy was glo betrokke by die diefstal van R53 miljoen wat vir die nasionale fonds vir munisipale werkers in die Tshwane-metroraad bedoel was. Die geld is glo op 30 Augustus uit die metro se bankrekening gesteel.

Daar is tydens verdere ondersoek vasgestel dat die gesteelde geld na bewering deur die maatskappy SASGold na verskeie ondernemings en familielede van Ivo Gunter Wegrostek (62) se bankrekeninge, plaaslik en in die buiteland, gewas is.

Wegrostek is op 18 Desember in hegtenis geneem. Hy is in die Pretoria-landdroshof op borgtog van R100 000 en streng voorwaardes vrygelaat. Sy borgtogvoorwaardes sluit onder meer in dat hy nie die land mag verlaat nie. Wegrostek moet hom daagliks by die Douglasdale-polisiestasie aanmeld en toestemming van die ondersoekbeampte kry indien hy Gauteng wil verlaat. Hy moes ook sy paspoorte vir Suid-Afrika en Oostenryk inhandig.

Wegrostek moet weer op 21 Mei in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn. Volgens Mulaudzi sal die saak teen die jongste verdagte na verwagting ook tot dan uitgestel word wanneer hy Maandag in die hof verskyn.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het die ondersoekspan in die saak geloof vir hul harde werk.

“Geen steen sal onaangeroer gelaat word tot almal wat by die plundery betrokke was rekenskap vir hul dade gee nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Robert

Interessant hoeveel buitelanders is betrokke by geld diefstal/wassery betrokke in die land.

Nie Verbaas

Hoop die “geen steen sal onaangeraak gelaat word wat by die plundery betrokke was nie” word regoor die regering toegepas en nie net met die saak nie.

Fedup

So you want to tell me that we have international affirmative shoppers? Which of our little puppets is guilty? Please give us names.

marius

Waar het hy die geld” Wegrosteek ” ?

Michael 1

Dit is seker die rede hoekom my erfbelasting vir julie 2020 styg met R 1200.00 nadat hulle eers n verhoging van 6% aangekondig het.