Miljoene verlore toe Gauteng in dollar pleks van rand betaal

Die fout het tot ‘n verlies van sowat R6,8 miljoen gelei. (Foto: Unsplash)

Die Gautengse tesourie het meer as R6,8 miljoen verloor nadat hy Microsoft in Amerikaanse dollar, pleks van rand, betaal het.

Adriana Randall, ʼn DA-lid van die Gautengse provinsiale wetgewer, sê dié geld kon gebruik word 48 000 dosisse van die Johnson & Johnson-entstof teen Covid-19 te koop en talle mense teen die virus help beskerm het.

Volgens die LUR vir finansies en e-regering in Gauteng, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het die bedrag wat veronderstel was om aan Microsoft Ierland betaal moes word, R20 913 793,81 beloop. Die departement het die betaling by die provinsiale tesourie ingedien om verwerk te word.

Pleks daarvan om in rand te betaal, is die betaling egter in dollar gedoen.

Nadat die fout agtergekom is, het die departement die provinsiale tesourie gevra om die volle bedrag (R318 307 941,79) van Microsoft terug te vra. Die geld is in Februarie vanjaar suksesvol terugbetaal, maar weens ʼn verandering in die wisselkoers het dit ʼn verlies van meer as R6,8 miljoen tot gevolg gehad.

Randall sê die verlore miljoene kon gebruik word om naastenby 48 046 dosisse entstof te koop, wat volgens die departement van gesondheid in April vanjaar naastenby $10 (sowat R142) per dosis gekos het.

Die DA sê hy verwelkom die ondersoek na die transaksie wat gedoen word, maar glo dat strenger stappe teen die betrokke amptenaar gedoen moes word. Randall sê die geld wat verloor is, moes van dié persoon verhaal word.

Randall sê gevolgbestuur is die enigste manier om te verseker foute soos dié word nie herhaal nie en sal ʼn streng boodskap aan staatsamptenare stuur.

“Ons inwoners in Gauteng verdien ʼn regering wat amptenare en die LUR aanspreeklik hou wat betref die besteding van belastingbetalersgeld, nou, gegewe die Covid-19-pandemie, meer as ooit.”

Randall sê die DA sal nie rus tot die geld herwin is en die betrokke amptenare aangekla is nie.

“Ernstige nalatigheid verdien ernstige gevolge, veral as die verlore geld gebruik kon word om lewens en inkomstes te red.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Deon ·

Geluk DA!! Julle het nou weer n bussie om op te ry….. Waarom het dit gebeur? Was die persoon se opleiding in plek?

Tanniepetoors ·

Wil jy hê die DA moet ook net agteroor sit en alles net laat begaan? Kyk waar sit ons van alles net laat begaan. In die Weskaap werk dinge reg want die DA doen dinge meestal reg.

Tokkel ·

Deon, halllloooooo, dit gaan nie oor kleur nie! Die DA is die enigste party wat alle rasse verteenwoordig. Snaaks jy vat nie die EFF aan nie… EN JA, dit gaan goed in die Wes-Kaap, want die DA is inbeheer en gaan nie oor kleur, maar oor bevoegdheid.

Strandloper ·

Opleiding in die uiters moeilike dissipline van vuurmaak geniet voorkeur bo alles!

Keelvol ·

Elke ander party gebruik dieselfde verskoning “probeer.”

Stofdonkie ·

Die probleem in Gauteng sou ook moontlik nie vir hulle bestaan het as hulle raadslede hulle werk gedoen het nie, dit sou al bietjie help as hulle raadslede darem in die land was.

MakersMark ·

Die syfervaardigheid van our people is wel bekend. So geen verassing hier nie. And seveeeeenty………

Anthony ·

Onbevoegdheid, dis nou die “geleerde mense” wat met ons geld werk. En dan wonder ons hoekom ons sit waar ons sit ne. Mens wonder of daar nie iewers n kickback in plek was vir die “fout” nie.

SwartBees ·

Ja daar was in die vorm van die “R6.8mil ROE verskil”.

gpsa ·

Het dieselfde gedink. problem is hulle almal kom weg daarmee.

Cecilia ·

Kom ek verseker dc esers.
As dit by enige ander maatskappy gebeur het is d staflid afbetaal summier maar omdat dit n ANC maatjie is gaan hy n verhoging kry vir sy ” foutjie”.
En nog n ding. D betalings gaan deur 3 mense se hande en magtiging. Hoe kyk 3 mense d selfde fout mis?
Erens is weer n slang in d gras en het iemand weer iets uit d deal gekry.

Annelize ·

Was my eerste gedagte ook. Meer as een persoon moet die transaksie nagaan en verskillende persone moet op verskillende tye magtiging gee soos die transaksie vorder en op die betaalsisteem gelaai word.

Daar kan maar gedelf word, erens is daar ongetwyfeld ‘n vet slang in die gras, wat al die pad bank toe gelag het.

Marius ·

En julle reken ons moet die verskoning glo ? Iemand het n stewige R 6 mil in sy of haar rekening gekry .
Dit is wat gebeur as mense onbevoeg is .

Annelize ·

Is daar hoegenaamd iets wat nie deur hulle opgedons kan word nie? Standerd 1 afstandsonderrig met 30% slaagsyfer aanstelling gewees?

Kokerboom ·

Dis ‘n absolute skande. Dit gaan NIE hier om “point scoring” deur wie ook al MAAR WIE is verantwoordelik…ons soek name..en watter optrede van dissipline gaan gevolg word, -en wanneer?
Die nalatigheid onderstreep weereens onbevoegdheid en “dont care” houding van kaders. Genoeg is genoeg. DA en MM moenie die laat gaan asb!!

Anel ·

As dit enige ienand anders was, was daardie persoon klaar in die tronk. Maar nou ja, zumpie het sy kinders mooi geleer. Hulle is mos nou die onaantasbares.

Mieke ·

Hoe lank kan SA al hierdie finansiële bedrog, korrupsie en aftakeling verduur? As ons net alles kon weet wat al aan gegaan het en nog aangaan ….. was ons seker lankal grys!

Gustav ·

Ek neem aan die persoon wie die betaling gemaak het, het ook seker hul graad in dollars betaal

RS ·

Great dat dit op gemerk is. Hoekom het Microsoft niks gese nie??? Net so oneerlik.

Willem ·

Is dit nou die (finansiële) wisselkoers, of die (Afrika – “onder die tafel deur”) wisselkoers? Wonder maar net, want een diing is seker, hierdie 30%’ers is baie kreatief as dit by “wisselkoerse” kom.

Suzette ·

Ons land is in sy peetjie en dit is ‘n direkte gevolg van die “uiters bekwame” regering van die dag….

Jr ·

Dis wat gebeur as u nie kan tel of nie die verskil tussen ‘n dollar of’ n rand ken nie. Ongelooflik maar so hartseer want dit is waar. 30% distinction vir matriek

Stofdonkie ·

Hoe is dit diefstal as die geld aan Microsoft oorbetaal is en Microsoft dit al reeds terugbetaal het ook? Ag nee, lees die artikel mooi voor jy kommentaar lewer.

Stofdonkie ·

Daar is ‘n redelike verskilletjie tussen $US en R. Die verantwoordelike party het seker nie lekker verstaan wat beteken die $-tekentjie nie.

VaalDonkie ·

Sjoe, dis ‘n rowwe fout. En ja, dis net ‘n fout. En iemand moet raas kry. maar foute gebeur. Dis hoe dit is.

Michelle ·

Dankie, stem saam. Mense is te vinnig om kommentaar te lewer. Sonder om te wag vir die feite, daar is altyd ‘n ander kant van ‘n saak

wessel ·

staatsisteme funksioneer in rand, tesourie doen die verrekening in buitelandse valuta….laat mens dink…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.