Miljoene vir presidente se gesondheid

V.l.n.r. pres. Jacob Zuma, oud-pres. Kgalema Motlanthe, oud-pres. Thabo Mbeki, oud-pres. Nelson Mandela Foto's: Wikipedia

V.l.n.r. pres. Jacob Zuma, oud-pres. Kgalema Motlanthe, oud-pres. Thabo Mbeki, oud-pres. Nelson Mandela Foto’s: Wikipedia

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van verdediging, het gesê dit is baie duur om mediese dienste aan president Jacob Zuma, sy afhanklikes en voorgangers te verskaf.

Mapisa-Nqakula het Vrydag in ʼn geskrewe repliek op ʼn vraag in die parlement gesê die koste vir die presidensiële mediese eenheid was in 2013/14 (tot op datum) net meer as R11.5 miljoen. Altesaam 70 mediese personeel en 82 voertuie is by die eenheid betrokke.

Die eenheid word bestuur deur die SA Militêre Gesondheidsdiens, ʼn tak van die SA Nasionale Weermag. “Die SA Militêre Gesondheidsdiens is verantwoordelik vir die gesondheid en welstand van die huidige president en adjunkpresident, sowel as voormalige presidente en adjunkpresidente en hul afhanklikes, en staatshoofde en regerings wat besoek aflê aan die land,” het sy gesê.

Mapisa-Nqakula sê die presidensiële mediese eenheid is 24 uur lank aan diens. “Gesondheidsdienste word dag-tot-dag verskaf, sowel as naby ondersteuning aan die president en adjunkpresident binne en buite die land.”

Die aard van take wat deur die eenheid uitgevoer word, beteken dat die getalle van tyd tot tyd kan verskil, afhangende van die behoefte.

Sy het gesê daar is tans 76 personeellede, waarvan 70 mediese personeellede binne die eenheid is, en 82 voertuie wat geallokeer is aan die eenheid.

Koste vir die jaar (2013/14) beloop R11 558 743 en sluit R9 967 188 vir administratiewe uitgawes en R1 591 555 vir “dienste” in. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

PURE BOER ·

Dit is onregverdig, Hier moet ek sit en n vierde van my salaris aan mediese fonds betaal. Hulle kry mos n salaris, laat hulle ook self betaal.

Praetor ·

Is daar net geen staatsinstansie wat hierdie parasitiese wese nie tot sy maksimum uitbuit nie ? As antw. le die parlementere handboek natuurlik weer “reg” as verweer.

mariaan ·

Al sy vrouens en kinders kos die staat reeds miljoene en een van die dae trou hy weer met vrou nommer hoeveel en nog steeds het hy nie einde nie.

alet ·

Kyk hoeveel mediese opgeleide personeel by ons clinice is Kubane en hulle weet niks 2 vir meer as 600 mense per dag kan daar nie ook beter dienste aan ons verskaf word nie

Marnie ·

Plaas kanselleer hulle sy medies (hy’t seker nie vir dit gevra nie – of het hy!) Hy kan mos by die Staatshospitale in die rye gaan sit en wag soos die res van SA. Dan kan hy ook van die baie goeie diens daar kry. Volgens hom is SA mos nou beter as ooit, so ‘put your money where your mouth is JZ’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.