Miljoene wil in onderwysdepartement werk

(Argieffoto: Verskaf)

Derduisende jong mense het Vrydag aansoek gedoen om onder meer onderwysassistente te word nadat die departement van onderwys die tweede fase aansoeke vir sy indiensnemingsprogram vandeesweek oopgestel het.

Luidens die departement se verklaring het meer as 1,7 miljoen werklose mense tussen die ouderdom van 18 en 35 jaar oud Vrydag vir dié poste aansoek gedoen.

Nagenoeg 700 000 mense het reeds die vorige dag hul aansoeke aan die departement gestuur.

Slegs sowat 10% van dié desperate werksoekers sal egter deur die departement in diens geneem word. Die sperdatum is boonop nou verleng en aansoeke sluit Sondag 10 Oktober om middernag.

Die basiese onderwys- indiensnemingsprogram is verlede jaar as deel van die presidensiële indiensnemingstimulus van stapel gestuur om werkloosheid wat weens die Covid-19-pandemie opgejaag is, teë te werk.

Byna 300 000 mense is reeds tussen Desember verlede jaar en April vanjaar in ʼn onderwysassistent- of algemene skoolassistentpos geplaas.

Fase twee van die program beoog om sowat 192 000 jong mense as onderwysassistente aan te stel en 95 000 as basiese skoolassistente.

Dié kandidate sal vir vyf maande in skole geplaas word waar hulle die geleentheid het om opleiding in verskillende vaardighede te ontvang, wat hulle sal toerus vir toekomstige werkgeleenthede.

Fase twee se kandidate sal van 1 November geplaas word.

Om vir die onderwysassistentposte te kwalifiseer moet die betrokkenes slegs Engels in matriek geslaag het, hoewel ʼn NQF-vlak 4- 6- en 7-kwalifikasiesertifikaat voordelig is. Om in ʼn algemene skoolassistentpos geplaas te word, is ʼn matrieksertifikaat nie ʼn vereiste nie.

“Die tweede fase van hierdie program sal grootliks fokus om die werkloosheidsyfer te verminder,” lui die departement se verklaring.

“Data wat deur die loop van die inisiatief ingesamel is, wys daarop dat meeste werklose jong mense reeds afgestudeer is, maar nie oor die nodige ervaring beskik om op die duur aangestel te word nie.”

Die departement moes intussen skarrel om die webwerf waarop mense aansoek kan doen aan die gang te hou, aangesien hoë volumes aansoeke dit soms buite werking gelaat het.

Die departement het nietemin die applikante bedank vir hul entoesiasme om ʼn verskil in die onderwyssektor te maak.

  • Doen aansoek hier of besoek die departement se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

skurweberg ·

Watter keuringsmetode gaan die Dept. gebruik om hierdie massas op ons land se kinders los te laat? Maak julle reg vir siviele eise teen die departement. Hulle het geen begrip van die onderwys as moederberoep nie Jy kan nie enige “janrap en sy maat in die onderwys toelaat nie. Die onderwys moet nou pa-staan vir die regering se onvermoe om werk te skep. SAOU en ander vakbonde moet dringend deel word van hierdie proses.

Willem ·

Kommunisme en sosialisme in volle swang danksy ñ klomp deurtrapte skelms wat hulself die regering van die dag noem.Mag julle einde vinnig wees.

skurweberg ·

As die ouers saam met die Beheerliggame en Fedsas nie gaan opstaan teen hierdie slinkse. ondeurdagte, tragiese en politiesgedrewe besluit nie, gaan hulle aandadig wees aan die “seerkry” van ons kinders en kleinkinders soos nog nooit in die geskiedenis van die onderwys in Suid Afrika gesien is nie. Die ANC-regering MOET gestop word!!! Die belastingbetalers wat die geld gaan voorsien om ons kinders vir die god “Molog”te offer moet hulle stemme net so hard en duidelik laat hoor.

SomeOne ·

nou gaan die slaagsyfer nog verder onder 0 (nul) vir leerlinge word

Mallie ·

Ou CR is lekker bamg fie ANC gaan hulle g ___ te sien. Hy maak nou grooot beloftes om stemme te werf.

Anel ·

Hoekom word die geld nie gebruik om opgeleide ondwrwysers aan te stel en kleiner klasse te vestig nie. Ons weet dat die lot net in die “voorheen benadeelde” skole los gelaat word. Dit is juis hulle wat onderwysers nodig het. Nie kinders wat nie matriek het nie om ander kunders op te pas. Of wat is hulle doel anders as slegs werkskepping? Defnitief nie tot voordeel van enige skoolkind of onderwyser nie!!! ANC het regtig baie geld om te mors.

annie ·

Meneer, skies meneer maar meneer sy antwoord is verkeerd… Nee, meneer nie dit nie…

Santjie van Soendal ·

Die gegeradueerde Graad R- onderwysers werk hulleself oor n mik. Hoewel ten volle gekwalifiseer en in sommige gevalle in uiters ongunstige omstandighede, word nou al vir jare, sedert verpligte voorskoolse onderwys geïmplementeer is oor die hoof gesien wat voordele soos medies en pensioen aanbetref in die staatskole….. wanneer gaan dié situasie reggestel word??? Onderwys in dié land is een groot massiewe ramp!

Jack ·

Nog n anc gemors baba word gebore. Groot deel van die onderwysers is slegs gedeeltelik bekwaam watter nadeel gaan die poging nou byvoeg. Die minister is eenvoudig deel van die onbevoegdes en kan nie rasionele besluite neem nie.

Nie Verbaas ·

So die minder intellektuele gaan nou in skole tussen kinders losgelaat word en regering gaan hulle betaal? Moet net matriek Engels he? Met persentasie van 35%? Liewe genade, ons regering is werklikwaar “briljant” met die breindood plan.

Christel ·

Ek dink weer dit is n goeie idee onthou dit is assistente nie onderwysers nie dit sal hulle n idee gee van wat hul wil doen en so bou hul ondervinding op en meer kennis. Onderwysers se werklading is groot omdat die klasse so groot is nou het hul iemand om te help met admin as onderwyser moet kantoor toe word klas nie alleen gelos om te rumoer en af te breek omdat daar nie toesig is nie .

Al wat vir my n groot krisis is, is die keuringsmetode. Hel engels in matriek slaag maar nie nodig om matriek te he nie watter tipe motivering is dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.