Min beurtkragverligting dié naweek

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrikaners kan hulle staal vir nóg ʼn naweek met wisselende beurtkragvlakke waarvan fase 5 voorlopig die hoogste sal wees.

Dié fase sal reeds Vrydag om 16:00 inskop en tot Saterdag om 05:00 geld. Daarna sal fase 3-beurtkrag in werking tree en Saterdag om 16:00 weer na fase 5 verhoog word. Dié fase sal tot Sondag om 05:00 geld.

Volgens Eskom se skedule sal fase 2-beurtkrag Sondag van 05:00 tot 16:00 geld, en dan om 16:00 na fase 4 verhoog word.

Die kragvoorsiener sê 17 392 MW se kapasiteit is tans weens onklaarrakings onbeskikbaar, terwyl ʼn verdere 2 940 MW aan beplande instandhouding afgestaan word.

Drie opwekkingseenhede is die afgelope 24 uur weer by die Grootvlei-, Hendrina- en Kriel-kragstasie in werking gestel. Drie opwekkingseenhede is egter oor dieselfde typerk by die Camden- (1) en Arnot-kragstasie (2) vir herstelwerk afgeskakel.

Daar is ook vertragings met die herstel van eenhede by die Arnot-, Camden-, Hendrina-, Kendal-, Matimba-, Matla- en Tutuka-kragstasie wat verdere druk op die kragnetwerk se kapasiteit plaas.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Samuel ·

Dit is dieselfde storie oor en oor elke naweek. Satermiddag verander Eskom se deuntjie weer. O ja, julle moet asseblief nie julle kragomsetters(inverters) se batterye laai nie. Dit plaas te veel druk op die netwerk.

Samuel ·

Dit is elke naweek dieselfde storie oor en oor. Kom Satermiddag, verander dit weer. Die aanstelling van die minister van elektrisiteit het ook dusver geen verandering teweeg gebring nie. Hierdie minister en die SP speel vir die gehoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.