Min gebruik Trump se sosialemediaplatform

(Foto: Chris DELMAS/AFP)

Ses maande nadat Donald Trump sy sosialemediaplatform “Truth Social” bekendgestel is, lyk dit asof dié platform reeds in finansiële moeilikheid is, met slegs ʼn handjievol volgelinge.

Fox Business Network berig die platform het betalings aan die maatskappy wat dit huisves, RightForge, gestaak en skuld hierdie maatskappy sowat $1,6 miljoen (sowat R27 miljoen).

’n Woordvoerder van RightForge wou nie kommentaar lewer op die berigte dat die platform nie sy rekeninge betaal nie.

“RightForge was daar by die begin van Truth Social en sal voortgaan om pres. Trump in sy pogings om die platform ’n sukses te maak te ondersteun,” het die maatskappy gesê.

Trump het Truth Social beskryf as ʼn alternatief vir Facebook, Twitter en YouTube. Voordat Twitter Trump se rekening op dié platform permanent opgeskort het, het hy nagenoeg 88,7 miljoen volgelinge daarop gehad.

Die platforms het Trump verlede jaar verbied nadat van sy beweerde ondersteuners die Kongresgebou (Capitol) in Washington DC bestorm het.

Truth Social is op 21 Februarie op Apple se AppStore bekendgestel. Dit is tans 30ste op ʼn Apple-ranglys van sosialemedia-apps wat op iPhones afgelaai is.

Die Statista-databasis sê dat Truth Social slegs ongeveer 50 000 keer per week afgelaai word.

Trump se rekening op Truth Social het altesaam 3,91 miljoen volgelinge. Op Twitter het hy 79,5 miljoen volgelinge gehad.

Truth Social se moedermaatskappy, Trump Media & Technology Group (TMTG), het intussen aangekondig dat hy beoog om met Digital World Acquisition Corp saam te smelt. Hierdie maatskappy is ook finansieel in die knyp.

Volgens data wat Donderdag gepubliseer is, het Digital World Acquisition Corp teen einde Junie slegs $3 000 (sowat R50 557) kontant op sy naam gehad. Aandele in die maatskappy het boonop met 71% afgeneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pietertjie ·

Ek wonder of al daai twitter-volgelinge nie dalk die “bots” was waarvan Elon praat nie…

VaalDonkie ·

So baie soos ek van die man hou het ek van die begin af gedink dis ‘n slegte idee. En die naam is so ellending.

Arno ·

Stem 100% saam met jou. Ek ook n groot ondersteuner vsn die man, maar ja, hy sal met iets unieks voorendag moet kom hier. Het ook gedink dat sodra Elon vir Twitter oorneem dat hy Trump weer daarop sou toelaat maar …. loop dan gevaar dat Twitter weer ver linkse steun hierdeur gaan verloor.

Jaco ·

Trump sal sy baie geld veel beter kan belê deur die Wes-Kaap by SA se anti-wit ANC-regering te koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.