Min goud in SA se Spele-rëenboog

Chad le Clos kon nie vanjaar daarin slaag om ‘n medalje by die Spele te wen nie. (Foto: Anton Geyser/SASPA.)

Op die keper beskou, was vanjaar se Olimpiese Spele in Tokio ʼn misoes, want ʼn swak medalje-oes van slegs een goue en twee silwer medaljes het nie juis die harte in onsekere tye warm laat klop nie.

Dit is boonop slegs ʼn fraksie van die medaljes waarop Suid-Afrika staatgemaak het.

Die Tuks-swemmer Tatjana Schoenmaker het twee van ons medaljes (goud in die 200 m-borsslag en silwer in die 100 m-borsslag) verower, terwyl die vroue-branderplankryer Bianca Buitendag van Victoriabaai ook ʼn silwer medalje gewen het.

Span Suid-Afrika het uit 185 deelnemers bestaan, die meeste atlete wat nóg na ʼn Spele gestuur is, maar het 52ste op die medaljelys geëindig nadat daar aan 17 van die 33 sportkodes deelgeneem is.

Die teleurstelling was veral groot toe die swemmer Chad le Clos en naelloper Wayde van Niekerk, op wie die hoop vir nóg medaljes gerus het, nie daarin kon slaag om die podium te haal nie.

Van Niekerk kon nie eens die eindronde van die 400 m-wedloop haal nie.

Bianca Buitendag het saam met Tatjana Schoenmaker gesorg dat die Suid-Afrikaanse vlag trots by die Olimpiese Spele wapper. Foto: Twitter.

Nathi Mthethwa, minister van sport en kultuur, het vroeër die week sy misnoeë met Suid-Afrika se power vertoning by die Olimpiese Spele uitgespreek.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese komitee (Saskok) het glo R56,5 miljoen vir die Spele opsy gesit, wat R350 000 per deelnemer beloop het. Dit is heelwat meer as die R33,6 miljoen (R250 000 per deelnemer) wat vir die vorige Spele in Rio de Janeiro uitgedeel is. Tóé het Suid-Afrika 10 medaljes, twee goud, ses silwer en twee brons verower.

Saskok het vanjaar na 13 medaljes in 19 sportkodes gemik, in atletiek, sewesrugby, gholf, driekamp, fietsry en swem.

Die Covid-19-pandemie kan wel die skuld kry vir Suid-Afrikaanse atlete se swakker vertoning, maar ander lande het net so erg onder die pandemie deurgeloop.

Vrae word ook gevra oor Suid-Afrika se onderverteenwoordiging in sportsoorte soos boks, stoei en skiet.

Vorige Spele

Suid-Afrika het sedert die eerste Spele in1904 in St. Louis, Amerika, reeds 27 goue, 33 silwer en 29 brons medaljes gewen, dus altesaam 89.

In 2008 kon Suid-Afrika net een medalje wen en is hy 70ste van alle lande geplaas. In 2000 was Suid-Afrika 55ste in Sydney, Australië, en nou het die land 52ste geëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jacobus ·

“Name changer” Mthetwa moet bereken wat naamsveranderings die land kos. Olimpiese sukses kom deur meriete, toewyding, finansiële ondersteuning en “hande af” deur regerings. Harde feite spoeg lankal in die breindooies se gesigte.

Frikkels ·

Ja, en sukses kom nie met rassekwotas en kader ontplooiing wat in elk geval geen plek het indie sportwêreld nie.

piet ·

27 goue medaljes in al ons Olimpiese deelnames. Goeie genade, dis darem vrot. Definitief te veel atlete gestuur wat nie ‘n kat se kans gestaan het nie.

melaney ·

You win some, you lose some. Maar julle bly ons heroes en ons is trots op julle.

Sarel ·

Mtethwa het mos alreeds gesê die span het nie die Geografie van SA verteenwoordig nie.
Hy het nou nie verduidelik wat hy bedoel
” Die Geografie” nie

Harley Davidson ·

Ek het dit ook gelees,die alewige kwotas en atlete van kleur is die rede hoekom dit so is kies die beste kandidaat op meriete, en dan word die huidige benaadeelde minderhede as rassisties uitgemaak.

piet ·

Die bestes beskikbaar is gekies. Ons is nou maar net vrot as dit by Olimpiese Spele kom, was nog altyd so.

Frank ·

Sarel, demografie is die woord wat liewe Nathi gebruik het. Rasseverteenwoordiging………

Tiptol ·

Baie trots op julle, Tatjana en Bianca! Julle verteenwoordig ons SA.

Niklaas ·

Ou Nathi moet eerder tjoepstil bly. By een olimpiese spansport van SA is die kwota idee en “verteenwoordiging” streng aangewend en die span verswak. Natuurlik geen welslae in Tokyo! Inmenging van politici sal nooit staak in SA. So, in Parys in 2024 wag daar dalks net een brons op SA se sportlui. Maak vrede daarmee.

Jaco ·

Ek sien ‘n GROOT ondersoek kom na rassisme in SA swem en SA branderplankry…

Hennie ·

Natie moet onmiddelik ondersoek instel waarom net blankes enige medaljes kon wen. Ek vermoed die anc gaan weer rassisme die skuld gee daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.