Min Suid-Afrikaners het neseiertjie vir oudag

Argieffoto (Foto: nattanan23, Pixabay)

ʼn Onlangse peiling het getoon dat kommerwekkend min Suid-Afrikaners van jongs af vir hul aftrede voorsiening maak en dat die meeste spyt is hieroor.

Slegs 22% van die respondente in 10X Investment se eerste jaarlikse Retirement Reality Report (RRR) het aan die begin van hul loopbane reeds vir aftrede begin beplan.

Meer as 50% het gesê as hulle dit oor kon doen, sou hulle dit ánders doen. Slegs 7% het gesê hulle het ʼn deeglike plan gereed vir aftrede en is besig om dit uit te voer.

Dié maatskappy het Brand Atlas gebruik om sy jaarlikse opname van die Suid-Afrikaanse bevolking te vergroot om die inligting vir die verslag te gebruik.

Brand Atlas doen opnames onder die 11,9 miljoen ekonomies aktiewe Suid-Afrikaners soos bepaal deur StatistiekSA deur aanlyn opnames met meer as een miljoen mense.

“Die feit dat 41% van die respondente gesê het hulle het glad nie ʼn plan nie beaam die omvang van die krisis,” het Christopher Eddy, senior beleggingsontleder by 10X Investments gesê.

“Dit is hoogs kommerwekkend dat die situasie nog nie veel, indien enigsins, verbeter het oor die afgelope 20 jaar ondanks die bestaan van ʼn groot en finansieel suksesvolle aftreebesparingsbedryf nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Genieve ·

Soos die gelde nou wegraak en banke wat korup is weet ek darem nie.

Anoniem ·

Dis waar mense het net nie meet ekstra om weg te sit vir n oudag nie

JH ·

Mense WIL NIE spaar nie. Dis heeleenvoudig 50% gaan vir “noodsaaklikheid” kos ens 30% vir leefstyl, dstv,braai ens en 20%spaar. of self, 50/20/30.

Peanuts ·

Ek wou altyd spaar maar kon nooit nie. Na SARS se hap was daar skaars genoeg om van te lewe. Kon in 35jaar nog net eenkeer op vakansie gaan.
Nou is ek deel van die “working poor”, soos 95% van mense in die Weste.

Cherokee ·

Dan as dit die geval is Peanuts, moet nie sit en wag vir sukkel nie. Begin/ontwikkel een of ander iets waarmee jy na aftrede ‘n inkomste kan verdien vanuit jou woning.

Cherokee ·

En laat my toe iets baie waardevol by te voeg – as jy dit sou beplan en wel regkry om af te tree met ‘n inkomste groot genoeg om in daaglikse behoeftes te voorsien, maar dit is raap en skraap maar tog genoeg, *maar jy het nie ‘n stygende inkomste nie,* sal jy in minder as 5 jaar later weer werk soek as jy nie reeds weer werk nie.

Hê jou eie nes, al is dit klein, want jy sal nie kan byhou met huurverhogings nie. Moet nie eers na aftrede leer wat die woord ‘inflasie’ beteken nie. As jy atree en kan oorleef met RX.00 gaan jy teen die huidige inflasiekoers 10 jaar later RX-x2.00 nodig hê o dieselfde lewenswyste te handhaaf. Jy moet moet moet ‘n stygende inkomste hê na aftrede.

Verstom ·

Dis nie vir my snaaks as daar nie aftreegeld is nie. Ons moet werk tot die dag wat ons dood neerslaan. Mediesefondse buit jou uit, dis dié versekering, daai versekering, uitbuiting van kos en vleisprodukte, almal wil soos die Jones lyk en ruik, deur dit word die hele wêreld op hol gejaag met die punte. 1. wat nog vir ‘n huis wat soos ‘n pophuis lyk, motors deesdat half miljoen. Teen die tyd wat al die premies betaal is, is daar boggerol geld oor. Waar moet die neiseier inpas?

Cherokee ·

Dit is omdat mense meer aan karre wil spandeer aan aan huise. Dit is dom om ‘n nuwe kar te koop. Jy koop dit wanneer dit 1 jaar oud is en 20 00ks op die klok het of so iets. Die prys van ‘n nuwe kar belê jy in eiendom en dit verhoog onmiddelik en verminder nie in waarde soos die kar nie.

rose ·

Verkoop al die luukshede vergeet van die Jones familie en focus op wat belangrik is vir Die Uwe….

Judge Dredd ·

Die meerderheid worry nie want die regering(belastingbetalers) moet mos vir hulle sorg – die belastingbetaler het nie meer geld om te bele want hulle word geforseer om te sorg vir die meerderheid.

Welkom ·

Eenvoudige vraag
Hoe moet jy iets wegsit as jy met ‘n inkomste van R10 000 per maand, huis, skoolgelde vir twee kinders, en medies moet betaal?
Ons regering wil alles as rassekaart gebruik, maar almal kry swaar

Dink ·

As jy nie 2 kinders kan onderhou nie, hoekom dan kinders kry?

OomKoos ·

Begroot mense nie meer nie? Ek vermy skuld soos die pes, koop nie elke ses maande ‘n motor op skuld nie, maak my eie kos en vergelyk pryse in supermakte. Maar nou ja daar sal seker altyd mense wees wat ‘n sjampanje smaak maar ‘n bierdrinker se inkomste het.

Anoniem ·

Dan staan retrechment on desember n realiteit tweede retrechment derde myn wat toe maak nou wat nou doen polisse laat vaar

Cherokee ·

Indien jou versekering dit toelaat, verminder die premies om dit bekostigbaar te maak maar interne waarde te behou en verhoog later weer wanneer moontlik. Indien jy nie die premies kan verminder en geen ander opsie het nie en as dit ‘n interne waarde het, maak dit opbetaald. Dan groei die kapitaal steeds as ‘n belegging.

mog-het-troffe ·

Sterk staan jongman. Moenie dat die dinge jou onderkry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.