Min tyd om uitstaande belasting te betaal

Argieffoto

Belastingbetalers het net meer as 23 dae oor om uitstaande belasting te betaal ten einde boetes en rente te vermy.

Uitstaande belastingopgawes moet onmiddellik ingedien word, het Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), gesê.

“Belastingbetalers word aangeraai en aangemoedig om die regte ding, op die regte manier en betyds te doen deur te verseker dat al hul belastingskulde voor die sperdatum, 29 Maart, afgehandel word.”

Memela het gewaarsku dat daar hoë verkeer op die SAID se netwerke verwag word naby aan die spertyd en het belastingbetalers aangemoedig om vroeg op 29 Maart al betalings te maak om moontlike netwerkvertragings te vermy.

Dit geld veral vir BTW-indienings en -betalings, aksynsbelastingbetalings en bestaande betalingsreëlings wat met die SAID se skuldbestuurafdeling getref is.

Indien jy onseker is oor hoeveel jy skuld of nie weet hoe om die betaling te maak nie, kan jy die SAID kontak by 0800 00 7277.

Memela het belastingbetalers ook herinner dat dit ʼn kriminele oortreding is om nie ʼn belastingopgawe wat uitstaande is in te dien nie en dat die SAID regsaksie kan neem indien geld wat aan hom verskuldig is nie betaal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann cb ·

Vir watter jaar/tydperk geld hierdie waarskuwing? 2017/2018 neem ek aan!

Aapstert ·

Toe ek die opskrif lees toe raak ek bly!! Ek dog ek gaan my belasting geld kry.

lanie ·

Verbasend maar as hulle jou geld skuld kan tot n jaar wag vir jou geld en dit sonder rente. Belaglik !!!!!

GM ·

Snaaks dat party mense aangevat word omdat hul nie ‘n belastingopgawe indien nie, alhoewel hul belasting betaal, maar ander het nog nooit een ingevul nie en word sodoende ook nie beboet nie.

Karinda ·

Hoop dit werk ander kant toe ook – het die vorige jaar 17maande vir my uitbetaling gewag.

Pieter ·

Sorg altyd dat jy SARS ‘n klein bedrag skuld. Geld in my bankrekening so lank as moontlik kry rente en belasting vooruit betaal kry geen rente.

SjN ·

Sars skuld my geld, so R15000, reeds November ingedien, na elke oudit, wat hul jaar na jaar vra, het hul weer 21 dae grasie, my van is verseker nie gupta nie.

Jaco van der Merwe ·

Ek deel met SjN se frustarsie. SARS is baie vinnig om kennisgewings te stuur en te dryg met allerlei strawwe en boetes as jy dit durf waag om 1 SEKONDE laat jou opgawes in te dien. Maar behoed jou humeur en siel as jy probeer om uit te vind en vas te stel wanneer HULLE JOU GAAN TERUGBETAAL?? Owee NEE!! Dan is dit die een leë belofte op die ander en elke keer kry jy net ‘n nuwe “case” nommer. Nee wat……selle ou storie……empty promises!!!

Db ·

Sars – nog ‘n teerpuntjie in die samelewing. Hulle is soos die rondloper leeu wat sy prooi jag. Skuld hulle jou is dit reg so maar o wee skuld hulle ‘n paar rand en jy word gedreig met hofsake! Samewerking is so skaars soos hoendertande en moet jy maar betaal wat op daardie vorm verskyn

George in Bloem. ·

Dis nou ‘n treurige onbeholpe spul om die minste te se. Skuld my R12 000 vir langer as ‘n jaar,selfs na hulle oudit waarin hulle niks fout kon vind nie en ‘n verdere R9 000 ook al 6 maande. As boetes en rentes op HULLE van toepassing was was dit al ‘n aardige bedraggie. Ek wonder as my van dalk Zuma of Gupta was,was ek sekerlik al betaal………of hoe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.